12
DIE KONING VAN DIE EEUE
nag, het God met Israel gemeenskap gehou, Sy wil aan die mense
geopenbaar, en Sy genade aan hulle geskenk. Gods heerlikheid was
bedek, en ook Sy majesteit, sodat die swak menslike oë dit kon sien.
Daarom het Christus gekom in “ons vernederde liggaam” (Filip.
3: 21), “
in die gelykenis van mense.” In die oë van die wêreld het
Hy “geen voor- komste gehad dat ons Hom sou begeer nie;” en
tog was Hy God in menslike vlees, die lig van hemel en aarde. Sy
heerlikheid was bedek, Sy grootheid en majesteit verstoke, dat Hy
baie naby die ellendige en versoekte mens kon kom. God het deur
[18]
Moses aan Israel bevel gegee, “Ook moet hulle vir My ’n heiligdom
maak, dat Ek onder hulle kan woon” (Exod. 25: 8), en Hy het in die
heiligdom gewoon onder Sy volk. In hulle lang omwandeling in die
woestyn, was die simbool van Sy teenwoordigheid by hulle. So ook
het Christus Sy tentwoning opgeslaan in die menslike kamp. Hy het
Sy tent opgeslaan langs die tente van die mense, sodat Hy onder ons
kon woon en Sy goddelike karakter en lewe aan ons kon openbaar.
“
Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het
Sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene
wat van God die Vader kom — vol van genade en waarheid.” Joh. 1:
14.
Aangesien Jesus by ons kom woon het, weet ons dat die Vader
bekend is met ons beproewings, en medelyde het met ons droefhede.
Elke seun en dogter van Adam mag verstaan dat ons Skepper die
Vriend van sondaars is, want in elke leerstelling van genade, in
elke belofte van vreugde, in elke daad van liefde, in elke. goddelike
aanloklikheid voorgestel in die Verlosser se lewe op aarde, sien ons
“
God met ons.”
Die Satan stel Gods wet van liefde voor as ’n wet van selfsug. Hy
verklaar dat dit onmoontlik vir ons is om die voorskrifte daarvan te
gehoorsaam. Die val van ons eerste voorouers, met al die eilende wat
dit meegebring het, dig hy aan die Skepper toe, en hy lei die mense
om God te beskou as die bewerker van die sonde en lyding en die
dood. Jesus sou hierdie bedrog aan die kaak stel. Soos een van ons
sou Hy die voorbeeld van gehoorsaamheid stel. Om dit te kan doen,
het Hy ons natuur aangeneem, en ons ondervindings deurgemaak.
“
Daarom moes Hy in alle opsigte aan Sy broeders gelyk word.” Heb.
2: 17.
As ons iets sou moes dra wat Jesus nie verduur het nie, dan
sou die Satan dit voorgestel het asof Gods krag vir ons nie voldoende