Page 15 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

God Met Ons”
11
van vooruitgesien, en Hy het voorsiening gemaak vir die vreeslike
gebeurtenis. So groot was Sy liefde vir die wêreld, dat Hy Homself
verbind het om Sy eniggebore Seun te gee, “sodat elkeen wat in
Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Joh. 3: 16.
Lucifer het gesê: “Ek wil . . . my troon verhef bo die sterre van
God. . . . Ek wil . . . my gelykstel met die Allerhoogste!” Jes. 14: 13,
14.
Maar Christus, “wat in die gestalte van God was, het dit geen
roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig
deur. die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en in die gelykenis
[17]
van mense te kom.” Filip. 2:6, 7.
Dit was ’n vrywillige opoffering. Jesus kon aan Sy Vader se
sy gebly het; Hy kon Sy hemelse heerlikheid en die hulde van die
engele behou, maar Hy het verkies om die septer aan die Vader terug
te gee, af te stap van die troon van die heelal, sodat Hy lig mag bring
aan diegene wat in duisternis is, en lewe aan die sterwendes.
Byna tweeduisend jaar gelede is ’n stem wat verborgenheid
gespreek het van die troon van God in die hemel gehoor, “Kyk, Ek
kom.” “Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My
n lig- gaam berei. . . . Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van
My geskrywe- om U wil, o God, te doen.” Heb. 10: 5-7. In hierdie
woorde is die
vervulling aangekondig van die raadsbesluit wat deur die eeue
verborge was. Christus het klaar gestaan om ons aarde te besoek, en
om die menslike vlees aan te neem. Hy sê, “U het vir My ’n liggaam
berei.” As Hy sou gekom het in. die heerlikheid wat syne saam met
die Vader s’n was vóór die skepping van hierdie wêreld, sou ons nie
die lig van Sy aanskyn kon verduur het nie. Sodat ons dit kon sien
sonder om te vergaan, is die openbaring van Sy heerlikheid bedek.
Sy godheid is met menslike vlees bedek — die onsigbare heerlikheid
in sigbare menslike vorm.
Die groot plan is voorafgeskadu in tipes en simbole. Die bran-
dende doringbos waarin Christus aan Moses verskyn het, het God
geopenbaar. Die simbool wat gekies is om die Godheid voor te stel,
was ’n eenvoudige doringbos wat skynbaar onaantreklik was. Daarin
het die Ewige God geskuil. Die barmhartige God het Sy heerlikheid
bedek in ’n baie eenvoudige tipe, sodat Moses Hom kon aanskou
en lewe. So ook in die wolkkolom by dag en die vuurkolom by