10
DIE KONING VAN DIE EEUE
keer dit terug in lof en blymoedige diens, in ’n vloedgolf van liefde,
na die Hoofbron van alles. Die kringloop van seën is dus volkome
deur Christus wat die karakter van die groot Gewer voorstel, die wet
van liefde.
In die hemel self is hierdie wet verbreek. Die sonde het sy ont-
staan in selfsug gehad. Lucifer, die gerub wat beskut, het begeer om
eerste te wees in die hemel. Hy het getrag om kontrole te verkry
oor die hemelse wesens, om hulle af te trek van hulle Skepper, en
hulle hulde vir homself te win. Daarom het hy God vals voorgestel
en Hom beskuldig van self-verheffing. Hy het sy eie bose karakter-
[16]
trekke aan die liefdevolle Skepper toegedig. So het hy die engele
bedrieg, en so ook die mense. Hy het hulle beweeg om te twyfel aan
die Woord van God, en om Sy goedheid te wantrou. Omdat God ’n
God is van geregtigheid en verskriklike majesteit, het die Satan hulle
oor- gehaal om Hom te beskou as hard en onvergewensgesind. So
het hy die mense beweeg om saam met hom teen God te rebelleer,
en toe het die donker nag van eilende op die aarde toegesak.
Die aarde was donker deur die wanbegrip van God. Sodat die
donker skaduwees verlig, en dat die wêreld teruggebring kon word,
moes die krag van die Satan se bedrog gebreek word. Dit kon nie
deur geweld geskied nie. Die gebruik van geweld is teenstrydig
met die beginsels van Gods regering; Hy verlang alleen die diens
van liefde, en liefde kan nie afgedwing word nie; dit kan nie deur
gebiedende gesag gewin word nie. Alleen liefde kan liefde verwek.
Om God te ken is om Hom lief te hê; Sy karakter moet geopenbaar
word in teenstelling met die van die Satan. In die ganse heelal was
daar net een Wese wat hierdie werk kon doen. Alleen Hy wat die
hoogte en die diepte van die liefde van God geken het, kon dit
bekend maak. Oor hierdie wêreld se donker nag moes die Son van
Geregtigheid opgaan met “genesing onder Sy vleuels.” Mal. 4: 2.
Die plan vir ons verlossing was nie ’n nagedagte nie—‘n plan
wat ná die val van Adam geformuleer is nie. Dit was die openbaring
van “die verborgenheid wat eeuelank verswyg is.” Rom. 16: 25. Dit
was die ontplooiing van die beginsels wat deur die eeue heen die
fondament van Gods troon was. Van die begin af het God en Christus
geweet van die afvalligheid van die Satan, en van die val van die
mens deur die krag van bedrog van die afvallige. God het dit nie
beskik dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daar-