Page 13 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

God Met Ons”
9
veste van die aarde gelê het. Dit was Sy hand wat die wêrelde in
die lugruim gehang het, en wat die blomrne van die veld geformeer
het. Dis Hy wat die berge grondves deur Sy krag. Aan Hom behoort
die see wat Hyself gemaak het. (Ps. 65: 7; 95: 5.) Dit is Hy wat die
aarde met skoonheid vervul het, en die lug met sang. Op alles op
die aarde en in die lug het Hy die boodskap van die Vader se liefde
geskryf.
Nou het die sonde Gods volmaakte werk bederf, dog die hand-
skrif blystaan. Selfs vandag verkondig alle geskape dinge die heer-
likheid van Sy voortreflikheid. Daar is niks, behalwe die self- sugtige
hart van die mens, wat vir homself lewe nie. Geen voël wat in die
[15]
lug vlieg, geen dier wat op die aarde beweeg, of almal dien ’n an-
der lewe. Geen blad van die woud, geen grashalmpie nie, of hulle
het hulle diens. Van elke boom en struik en blaar vloei daar- die
lewenselement waarsonder mens en dier nie sou kon bestaan nie; en
mens en dier op hulle beurt bearbei weer boom en struik en blad.
Die blomme versprei ’n soete geur en sprei hulle skoonheid tentoon
in seën vir die wêreld. Die son gee sy lig om ’n duisend wêrelde te
verbly. Die oseaan, self die bron van al ons fonteine, ontvang strome
uit elke land, maar hy neem om te gee. Die mis wat van hom opstyg,
val weer as reent om die aarde te benat sodat dit wasdom kan gee.
Die engele van heerlikheid vind hulle vreugde daarin om te gee
hulle gee liefde, en hulle waak oor die siele van die gevallenes en
onheiliges. Hemelse wesens trek die harte van mense; hulle bring na
hierdie donker wêreld lig van die hemelse howe; deur sagmoedige en
geduldige diens beweeg hulle die menslike gees om die verlorenes
weer in ’n gemeenskap te bring met Christus, wat nouer is as wat
hulle self ken.
Maar benewens al hierdie mindere voorstellings, sien ons God
in Christus. Waar ons Jesus aanskou, sien ons dat dit die heerlikheid
van onse God is om te gee. “Uit Myself doen Ek niks nie,” het Jesus
gesê; die lewende Vader het My gestuur, en Ek lewe deur die Vader.
Ek soek nie My eer nie,” maar die eer van Hom wat My gestuur het.
(
Joh. 8: 28; 6: 57; 8: 50; 7: 18.) In hierdie woorde word die groot
beginsel verkondig wat die wet van lewe vir die heelal is. Christus
het alle dinge van God ontvang, maar Hy het geneem om te gee. En
dus, in die hemelse howe, in Sy diens vir alle geskape wesens, vloei
die Vader se liefde deur die geliefde Seun tot almal; deur die Seun