Page 12 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

God Met Ons”
HULLE sal Hom Emmanuel noem, . . . God met ons.” “Die
ver- ligting . . . van die kennis van die heerlikheid van God,” word
gesien “in die aangesig van Jesus Christus”. Die Here Jesus was
een met die Vader van die voortyd af; Hy was “in die beeld van
God,” die beeld van Sy grootheid en majesteit, “die afskynsel van Sy
heerlikheid.” Dit was om hierdie heerlikheid te openbaar dat Hy na
ons wêreld gekom het. Na hierdie aarde, deur die sonde verduister,
het Hy gekom om die lig van Gods liefde te openbaar —- om “God
met ons” te wees. Daarom is daar van Hom geprofeteer, “Hulle sal
Hom Emmanuel noem.”
Deur Sy koms om by ons te kom woon, sou Jesus God openbaar
aan beide mense en engele. Hy was die Woord van God — Gods
gedagtes hoorbaar uitgedruk. In Sy gebed vir Sy dissipels het Hy
gesê, “Ek het U Naam geopenbaar aan die mense,” “’n barmhartige
en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en
trou,” “sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan
wees, en Ek in hulle.” Maar hierdie openbaring is nie gegee alleen vir
Sy aardse kinders nie. Ons ou wêreldjie is die lesboek vir die heelal.
Gods wonderplan van genade, die verborgenheid van verlossende
liefde, is die tema “waar die engele begerig is om in te sien,” en
deur die ewigheid heen sal hulle ’n studie daarvan maak. Beide die
[14]
verlostes en die wesens wat nie in die sonde geval het nie sal in
die kruis van Christus hulle wetenskap en hulle lied vind. Daar sal
gesien word dat die heerlikheid wat skyn in die aangesig van Jesus
die heerlikheid van selfopofferende liefde is. In die lig van Golgota
sal daar gesien word dat die wet van selfopofferende liefde die wet
van die lewe is op aarde en in die hemel; dat die liefde wat “nie
sy eie belang soek nie” sy bron het in die hart van God; en dat die
karakter van Hom wat in die ontoeganklike lig woon, geopenbaar is
in die sagmoedige en nederige Een.
In die begin het God Homself geopenbaar in die ganse skepping.
Dit was Christus wat die hemelgewelf gespan het en wat die grond-
8