Page 27 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Volheid van die Tyd”
23
algemene verwagting van ’n magtige vors wat sy koninkryk oor
Israel sou oprig, en wat as verlosser van die volke sou kom.
[30]
Die volheid van die tyd het gekom, die mensdom, wat steeds laer
gesink het deur die eeue van oortreding, het gesmag na die koms van
die Verlosser. Die Satan het hom daarop toegelê om die kloof tussen
die aarde en die hemel onoorbrugbaar te maak. Deur sy bedrog het
hy die mense vermetel gemaak om te sondig. Dit was sy doel om
die lankmoedigheid van God uit te put, en om Sy liefde vir die mens
uit te blus, sodat Hy die wêreld sou oorgee aan die regering van die
Satan.
Die Satan was daarop uit om die kennis van God van die mense
weg te hou, om hulle aandag af te wend van die tempel, en om sy
eie koninkryk te bevestig. Sy strewe na opperheerskappy was skyn-
baar heeltemal suksesvol. Dit is waar dat God in elke geslag Sy
werk- tuie gehad het. Selfs onder die heidene was daar manne deur
wie Christus gewerk het om die mense te verhef uit hulle sonde en
verlaging. Maar hierdie manne is verag en gehaat. Baie van hulle
het ’n gewelddood gesterf. Die donker skaduwee wat die Satan oor
die wêreld laat neersak het, het steeds donkerder geword.
[31]
Deur die heidendom het die Satan vir eeue die mens van God
j weggehou; maar sy grootste oorwinning was die verdraaiing van
die godsdiens van Israel. Deur hulle eie opvattings te bepeins en
te aanbid, het die heidene die kennis van God verloor, en hulle
het steeds meer verdorwe geword. So was dit met Israel ook. Die
beginsel I dat die mens homself deur sy eie werke kon red, lê ten
grondslag van alle heidense godsdienste; en nou het dit ook die
beginsel van die Joodse godsdiens geword. Die Satan het hierdie
beginsel geplant. Waar dit heers, is daar geen muur teen die sonde
nie.
Die boodskap van verlossing word aan die mense verkondig deur
menslike werktuie. Maar die Jode het probeer om die alleenhouers
I te wees van die waarheid wat die ewige lewe is. Hulle het die
lewende manna opgegaar en dit het bederf. Die godsdiens wat hulle
uitsluitlik vir hulleself wou bewaar, het ’n aanstoot geword. Hulle het
God beroof van Sy heerlikheid, en die wêreld bedrieg met ’n ver- I
valsing van die evangelie. Hulle het geweier om hulleself aan God
oor te gee vir die redding van die wêreld, en hulle het die werktuie I
van die Satan geword vir die ondergang daarvan.