Page 246 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

242
DIE KONING VAN DIE EEUE
vir die leer van Christus nie. Hulle het vasgeklem aan dorre vorms,
[278]
en hulle afgekeer van die lewende waarheid en die krag van God.
Dit was juis hierdie ding wat die ondergang van die Jode bewerk
het, en dit sal ook die ondergang van baie siele in ons tyd bewerk-
stellig. Duisende begaan dieselfde fout as die Fariseërs wat Christus
by Mattheus se feesmaal bestraf het. Liewer as om hulle eie idees op
te gee of om ’n geliefkoosde opinie te versaak, is daar vele wat die
waarheid verwerp wat kom van die Vader van die lig. Hulle vertrou
op hulleself, steun op hulle eie wysheid, en besef nie hulle geestelike
bankrotskap nie. Hulle wil op die een of ander manier gered word
waar hulle self iets belangriks doen. Wanneer hulle sien dat daar
geen manier is om die eie-ek ook in die werk in te vleg nie, verwerp
hulle die saligheid wat voorsien is.
n Wettiese godsdiens kan nooit siele tot Christus lei nie, want dit
is ’n liefdelose godsdiens, sonder Christus. Vas en gebed wat vloei
uit ’n eiegeregtige gees is afskuwelik in die oë van God. Die byeen-
koms vir aanbidding, die reeks godsdienstige seremonies, die uiter-
like vernedering, die groot offer wat gebring word — alles verkondig
dat die dader van hierdie dinge homself beskou as regverdig en
geregtig op die hemel; maar dit is alles bedrog. Ons kan nooit die
saligheid met ons eie werke verdien nie.
Soos dit in die dae van Christus was, so is dit ook vandag; die
Fariseërs ken nie hulle geestelike bankrotskap nie. Tot hulle kom die
boodskap, “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan
niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaens-
waardig en arm en blind en nakend is nie. Ek raai jou om van My
te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en
wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie
openbaar word nie.” Openb. 3: 17, 18. Geloof en liefde is die goud
deur vuur gelouter. Maar in die geval van vele het die goud verdof,
en die ryke skat het verlore gegaan. Die geregtigheid van Christus is
n kleed wat hulle nie dra nie, ’n fontein waaruit hulle nie drink nie.
Aan hulle word gesê, “Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat
het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen
die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar
van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.” Openb. 2:4, 5.
Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en verslae
hart sal U, o God, nie verag nie!” Ps. 51: 19. Die mens moet van die
[279]