Page 245 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Levi-Mattheus
241
was dit onmoontlik vir hulle om die bewaarders te wees van die
lewende waarheid van die hemel. Hulle het gemeen dat hulle eiege-
[277]
regtigheid voldoende was, en hulle het nie ’n nuwe element in hulle
godsdiens verlang nie. Die welbehae van God en mens het hulle nie
aangeneem as iets buite hulleself nie. Hulle het dit verbind met hulle
eie Verdienstes ten gevolge van hulle goeie werke. Die geloof wat
deur liefde werk en die siel reinig, kon geen aanknopingspunt vind
met die godsdiens van die Fariseërs wat bestaan het uit seremonies
en gebooie van mense nie. ’n Poging om die leer van Jesus te
verenig met die gevestigde godsdiens sou tevergeefs gewees het.
Die lewende waarheid van God, soos die gistende wyn, sou die ou
verrotte bottels van Farisese tradisie laat bars.
Die Fariseërs het gemeen dat hulle te volleerd was om behoefte
te hê aan onderrig, te regverdig vir behoefte aan die saligheid, en te
geëerd vir behoefte aan die eer wat van Christus kom. Die Heiland
het Hom van hulle afgewend om ander te vind wat die boodskap van
die hemel sou aanneem. In die ongeleerde vissers, die tollenaar op
die mark, in die vrou van Samaria, die gewone mense wat graag na
Hom geluister het, het Hy die nuwe bottels vir die nuwe wyn gevind.
Die werktuie wat gebruik sal word in die evangeliewerk is die siele
wat met blydskap die lig aanneem wat God aan hulle gee. Hulle is
die werktuie wat ’n kennis van die waarheid aan die wêreld sal gee.
As Sy volk deur die genade van Christus gewillig is om die nuwe
bottels te wees, sal Hy hulle met nuwe wyn vul.
Alhoewel die leer van Christus as nuwe wyn voorgestel is, was
dit nie ’n nuwe leer nie, maar ’n openbaring van wat van die begin
af geleer is. Maar vir die Fariseërs het die waarheid van God sy
oor- spronklike betekenis en skoonheid verloor. Vir hulle was die
leer van Christus nuut in byna alle opsigte, en dit is nie herken en
erken nie.
Jesus het gewys op die krag van valse leer om die begeerte vir
die waarheid weg te neem. “Niemand wat ou wyn gedrink het,” het
Hy gesê, “wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.”
Al die waarheid wat aan die wêreld gegee is deur die patriarge en
profete het met ’n nuwe heerlikheid geskyn in die mond van Christus.
Maar die skrifgeleerdes en Fariseërs het geen begeerte gehad vir die
heerlike nuwe wyn nie. Aleer hulle die ou tradisies, gewoontes en
gebruike opgee, sou daar geen plek in hulle verstand of hart wees