240
DIE KONING VAN DIE EEUE
hoogte te laat hoor nie. Is dit die vas wat Ek verkies, die dag as die
mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ’n biesie, en sak
en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ’n dag wat die
[276]
Here welgevallig is?” Jes. 58: 4, 5.
Die ware vas is nie ’n blote vorm nie. Die Skrif beskryf die vas
wat God verkies - “dat julle losmaak die goddelose bande, dat julle
afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en
elke juk stukkend breek;” “en jou siel laat uitgaan na die hongerige,
en die neergeboë siel versadig.” Jes. 58: 6, 10. Hier het ons die
voorstelling van die gees en karakter van die werk van Christus. Sy
hele lewe was ’n lewe van opoffering van Homself vir die redding
van die wêreld. Of Hy in die woestyn van versoeking gevas, of saam
met tollenaars aangesit het aan Mattheus se tafel, Hy was altyd besig
om Sy lewe te gee vir die redding van verlorenes. Die ware gees van
toewyding word nie geopenbaar in nuttelose vas, die vernedering
van die liggaam, en baie offers nie, maar dit word getoon in oorgawe
aan gewillige diens vir God en mens.
Voortgaande met Sy antwoord aan die dissipels van Johannes,
het Jesus ’n gelykenis gegee, en gesê: “Niemand sit ’n lap van ’n
nuwe kleed op ’n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die
lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.” Die boodskap
van Johannes die Doper moes nie saam ingevleg word met tradisie
en bygeloof nie. ’n Poging om die skynheiligheid van die Fariseërs
saam te smelt met die toewyding van Johannes, sou die kloof tussen
hulle net groter maak.
Die beginsels van Christus se leer kon ook nie verenig word met
die Farisese vorms nie. Christus was nie daar om die bres toe te muur
wat deur die leer van Johannes gemaak is nie. Hy sou die verskil
tussen die oue en die nuwe nog duideliker laat uitstaan. Jesus het
hierdie feit verder geïllustreer deur te sê, “Niemand gooi nuwe wyn
in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit
sal uitloop, en die sakke sal vergaan.” Die leerbottels wat gebruik is
om die nuwe wyn te hou, het na ’n tyd droog en bros en waardeloos
geword vir die doel. Met hierdie welbekende illustrasie het Jesus die
toestand van die Joodse leiers voorgestel. Priesters en skrifgeleerdes
en owerstes was in die groef van seremonies en tradisies. Hulle harte
het vereng soos die uitgedroogde leer wynbottels waarmee Hy hulle
vergelyk het. Solank hulle tevrede was met ’n wettiese godsdiens