Page 243 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Levi-Mattheus
239
waarhede wat bedek was van die grondlegging van die wêreld af,
sou aan mense geopenbaar word deur die Heiland se sending.
[275]
Johannes die Doper het hom verbly in die aanskouing van die
Heiland. Watter groot geleentheid vir blydskap het die dissipels
gehad wat bevoorreg was om te wandel en te praat met die Majesteit
van die hemel! Dit was nie nou n tyd vir hulle om te treur en te vas
nie. Hulle moes hulle harte oopmaak om die lig van heerlikheid te
ontvang, sodat hulle diegene kon verlig wat gesit het in die dal van
die skaduwee van die dood.
Dit was ’n heerlike toneel wat Christus voor die gees geroep het,
maar daaroor het ’n swart skaduwee geval wat Sy oog alleen gesien
het. “Maar daar sal dae kom,” het Hy gesê, “wanneer die bruidegom
van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.” Waanneer hulle
sien dat hulle Here verraai en gekruisig word, dan sal die dissipels
treur en vas. In Sy laaste woorde aan hulle in die bo-vertrek, het Hy
gesê, “’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein
tydjie, en julle sal My sien. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle
sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal
bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.” Joh.
16: 19, 20.
Wanneer Hy uit die graf voortkom, sou hulle droefheid in
vreugde verander word. Na Sy hemelvaart sou Hy persoonlik afwe-
sig wees, maar deur die Trooster sou Hy nog by hulle wees, en hulle
moes dan nie hulle tyd in droefheid deurbring nie. Maar die Satan
wou hê dat hulle moes treur; hy wou hê dat hulle aan die wêreld
die indruk moes gee dat hulle bedrieg ep teleurgestel is; maar in
die geloof moes hulle na die heiligdom daarbo kyk waar Jesus vir
hulle dien. Hulle moes hulle harte oopstel vir die Heilige Gees, Sy
verteenwoordiger, en hulle verbly in die lig van Sy teenwoordigheid.
Maar daar sou dae van versoeking en beproewing kom wanneer
hulle in botsing sou kom met die owerhede van hierdie wêreld, en
die leiers van die koninkryk van duisternis; wanneer Christus nie
persoonlik by hulle kan wees, en hulle nie die Trooster kan sien nie,
dan sou dit meer gepas vir hulle wees om te vas.
Die Fariseërs het gestreef om hulleself te verhef deur die stipte
nakoming van vorms, terwyl hulle harte vervul was met twis en
afguns. “Kyk,” sê die Skrif, “om te twis en te kyf vas julle, en om
te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die