238
DIE KONING VAN DIE EEUE
tot niet gemaak het; en hulle het die Doper se lewe van onthouding en
vroomheid vergelyk met die van Jesus wat volgens hulle feesgevier
het met tollenaars en sondaars.
[274]
Die dissipels van Johannes het destyds in groot droefheid verkeer.
Dit was vóór hulle besoek aan Jesus met die boodskap van Johannes.
Hulle geliefde leraar was in die tronk, en hulle het hulle dae treurende
deurgebring. En Jesus het geen pogings aangewend om die vrylating
van Johannes te verkry nie— dit het selfs gelyk of Hy afbreek gedoen
het aan sy leer. As Johannes deur God gestuur was, waarom dan het
Jesus en Sy dissipels ’n weg ingeslaan wat so heeltemal anders was?
Die dissipels van Johannes het nie ’n duidelike begrip gehad van
Christus se werk nie; hulle het gedink dat die Fariseërs miskien grond
gehad het vir hulle beskuldigings. Hulle het baie van die voorskrifte
van die rabbi’s nagekom, en het gehoop dat hulle geregverdig sou
word deur die werke van die wet. Die Jode het vas beskou as ’n
verdienstelike daad, en die nougesettes onder hulle het tweemaal per
week gevas. Die Fariseërs en die dissipels van Johannes was besig
om te vas toe laasgenoemdes na Jesus gekom het met die vraag,
“
Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar U dissipels vas
nie?”
Baie sagmoedig het Jesus hulle geantwoord. Hy het nie probeer
om hulle verkeerde opvatting van vas reg te help nie, maar Hy het
hulle reg gehelp in verband met Sy eie sending. En Hy het dit gedoen
deur dieselfde beeid as Johannes te gebruik toe hy van Jesus getuig
het. Johannes het gesê, “Die een wat die bruid het, is die bruidegom;
maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister,
verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie
blydskap van my volkome.” Joh. 3: 29. Die dissipels van Johannes
kon nie help om te dink aan hierdie woorde van hulle leraar nie, daar
Jesus die beeld verder gebruik het deur te sê, “Kan die bruilofsgaste
dan treur solank as die bruidegom by hulle is?”
Die Vors van die hemel was by Sy volk. Die grootste gawe van
God was aan die wêreld gegee. Daar was vreugde vir die armes; want
Christus het gekom om hulle erfgename van Sy koninkryk te maak.
Daar was vreugde vir die rykes; want Hy sou hulle leer hoe om die
ewige rykdom te verkry. Daar was vreugde vir die onkundiges, want
Hy sou hulle wys maak tot die saligheid. Daar was vreugde vir die
geleerdes, want Hy sou groot verborgenhede aan hulle openbaar