Levi-Mattheus
237
hulle die tollenaars en heidene beskou het as sterwende aan die
siektes van die siel. Was dit dan nie Sy werk, as ’n geneesheer, om
juis na daardie klas te gaan wat Sy hulp nodig gehad het nie?
[273]
Maar alhoewel die Fariseërs so ’n hoë dunk van hulleself gehad
het, was hulle in werklikheid in ’n hagliker toestand as diegene wat
hulle verag het. Die tollenaars was minder bekrompe en eiegeregtig,
en daarom was hulle meer vatbaar vir die waarheid. Jesus het aan
die rabbi’s gesê, “Gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid
hê en nie offerande nie.” Hy het dus getoon dat terwyl hulle gesê
het dat hulle die Woord van God geleer het, was hulle heeltemal
onkundig aangaande die gees daarvan.
Die Fariseërs is vir die tyd stilgemaak, maar dit het hulle net
meer vasberade gemaak in hulle vyandskap. Vervolgens het hulle die
dissipels van Johannes die Doper opgesoek en probeer om hulle teen
die Heiland op te maak. Hierdie Fariseërs het nie die sending van
die Doper aangeneem me. Hulle het met veragting gewys op sy lewe
van onthouding, sy eenvoudige lewensgewoontes, sy growwe klere,
en hulle het hom voorgestel as fanatiek. Omdat hy hulle huigelary
veroordeel het, het hulle sy woorde weerstaan en probeer om die
mense op te wek teen hom. Die Gees van God het gewerk in die
harte van hierdie spotters en hulle oortuig van sonde; maar hulle het
die raad van God verwerp en verklaar dat Johannes ’n duiwel gehad
het.
Waar Jesus nou met die mense omgegaan het, etende en drin-
kende aan hulle tafels, het hulle Hom beskuldig dat Hy ’n vraat
en wyn- suiper is. Die mense wat hierdie beskuldigings ingebring
het, was juis die skuldiges. Net soos God verkeerd voorgestel, en
deur die Satan met sy eie karaktertrekke beklee word, so word die
boodskappers van die Here ook vals voorgestel deur bose mense.
Die Fariseërs wou nie in aanmerking neem dat Jesus saam met
sondaars en tollenaars geëet het sodat Hy die lig van die hemel kon
bring aan diegene wat in die duisternis gesit het nie. Hulle wou nie
insien dat elke woord van die goddelike Leraar n lewende saadjie
was wat sou ontkiem om vrugte voort te bring tot eer van God
nie. Hulle het besluit om nie die lig aan te neem nie; en alhoewel
hulle die sending van die Doper verwerp het, het hulle nou vriende
gemaak met sy dissipels, hopende om hulle samewerking teen Jesus
te verkry. Hulle het aangevoer dat Jesus die tradisies van die ou tyd