236
DIE KONING VAN DIE EEUE
uiterlike verskille geen gewig gehad nie. Wat by Hom die swaarste
geweeg het, was ’n siel wat gedors het na die water van die lewe.
Jesus was ’n geëerde gas aan die tafels van die tollenaars; deur
Sy simpatie en sosiale goedgesindheid het Hy getoon dat Hy die
waardig- heid van die mens erken het; en mense het verlang om
[272]
Sy vertroue werd te wees. Vir hulle dorstige harte het Sy woorde
lewegewende krag gehad. Nuwe drange is wakkergemaak, en daar
was die moont- likheid van ’n nuwe lewe vir hierdie uitwerpsels van
die samelewing.
By sulke byeenkomste was daar baie wat onder die indruk gekom
het van die Heiland se woorde, maar wat Hom eers ná Sy hemelvaart
erken het. Toe die Heilige Gees uitgestort is, en drieduisend in
een dag tot bekering gekom het, was daar baie onder hulle wat die
waarheid aan die tafel van die tollenaars die eerste maal gehoor het,
en sommige van hierdie mense het evangeliedienaars geword. Vir
Mattheus self was die voorbeeld van Jesus by daardie feesmaal ’n
gedurige les. Die veragte tollenaar het een van die mees toegewyde
evangeliste geword wat in sy eie prediking nougeset in sy Meester
se voetstappe gevolg het.
Toe die rabbi’s hoor van Jesus se teenwoordigheid by Mattheus
se feesmaal, het hulle gebruik gemaak van die geleentheid om Hom
te beskuldig. Maar hulle het verkies om deur Sy dissipels te werk.
Deur hulle vooroordeel op te wek het hulle gehoop om hulle van
hulle Meester te vervreem. Dit was hulle beleid om Jesus by die
dissipels aan te kla, en die dissipels by Christus, en hulle het hulle
pyle gemik waar hulle die seerste sou maak. Dit is die manier waarop
die Satan gewerk het sedert die tyd van sy ontevredenheid in die
hemel, en almal wat op hierdie wyse onmin en vervreemding wil
veroorsaak, is besiel met sy gees.
“
Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?”
het die afgunstige rabbi’s gevra.
Jesus het nie op Sy dissipels gewag om die beskuldiging te be-
antwoord nie, maar self het Hy geantwoord: “Die wat gesond is, het
die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan
leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie;
want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars
tot bekering.” Die Fariseërs het daarop aanspraak gemaak dat hulle
geestelik gesond was en dus die geneesheer nie nodig het nie, terwyl