Page 239 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Levi-Mattheus
235
gevra, Hoe sal ek ’n bestaan maak en my gesin onderhou nie? Hulle
was die roeping gehoorsaam; en toe Jesus hulle later gevra het, “Toe
Ek julle uitgestuur het sonder beurs en knapsak en skoene, het julle
iets kort gekom?” was hulle antwoord, “Niks nie.” Lukas 22: 35.
Tot Mattheus in sy rykdom, en tot Andreas en Petrus in hulle
armoede, het dieselfde toets gekom; almal het dieselfde toewyding
gemaak. Op die oomblik van sukses, toe die nette vol vis en die
drifte van die ou lewe die sterkste was, het Jesus die dissipels by die
see gevra om alles te laat staan vir die werk van die evangelie. So
word elke siel getoets om te sien of sy begeerte vir stoflike voordeel
of vir gemeenskap met Christus die sterkste is.
Beginsel is altyd veeleisend. Geen mens kan slaag in die werk
van God tensy sy hele hart in die werk is en hy alle dinge skade
ag vir die uitnemendheid van die kennis van Christus nie. Geen
mens wat iets terughou, kan ’n dissipel van Christus wees nie, en
nog minder kan hy Sy medewerker wees. Wanneer mense die groot
verlossing waardeer, sal die selfopoffering wat in Christus se lewe
gesien is ook in hulle lewe gesien word. Waar Hy ook al lei, sal hulle
volg.
Die roeping van Mattheus as een van Christus se dissipels het
groot verontwaardiging veroorsaak. Vir ’n geestelike leraar om n
tollenaar te roep as een van sy helpers was ’n misdaad teen die gods-
dienstige, maatskaplike, en nasionale gebruike. Deur die vooroordeel
van die mense uit te buit, het die Fariseërs gehoop om die openbare
[271]
mening teen Jesus op te wek.
Daar is groot belangstelling onder die tollenaars opgewek. Hulle
harte is getrek tot die goddelike Leraar. In die vreugde van sy nuwe
dissipelskap het Mattheus verlang om sy vorige ampsgenote tot
Jesus te bring. Om daardie rede het hy ’n groot fees by sy eie huis
gereël waarheen hy sy bloedverwante en vriende uitgenooi het. Nie
alleen was daar tollenaars nie, maar ook baie ander van twyfelagtige
reputasie-mense wat nie gereken is deur hulle preutse bure nie.
Die onthaal is gegee ter ere van Jesus, en Hy het nie geaarsel
om die vriendskap aan te neem nie. Hy het goed geweet dat dit
aanstoot sou gee aan die party van die Fariseërs, en dat dit Hom sou
kom- promiteer in die oë van die volk. Maar Hy het nie toegelaat
dat kwessies van beleid Sy handelwyse beïnvloed nie. By Hom het