Page 238 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Levi-Mattheus
VAN al die Romeinse beamptes in Palestina was niemand meer
gehaat as die tollenaars nie. Die feit dat die belastings deur ’n
vreemde mag gehef is, was ’n gedurige ergernis vir die Jode, want
dit het hulle altyd daaraan herinner dat hulle nie meer onafhanklik
was nie. Die tollenaars was nie alleen die werktuie van die Romeinse
verdrukkers nie; hulle was afpersers vir hulle eie voordeel, en het
hulleself verryk ten koste van die volk. ’n Jood wat hom hierdie
werk laat welgeval het, is as verraaier van die eer van sy volk beskou.
Hy is verag as ’n afvallige, en is gereken onder die skuim van die
samelewing.
Levi-Mattheus het aan hierdie klas behoort, en ná die vier dis-
sipels wat by Genesaret geroep is, was hy die volgende een wat
Christus tot Sy diens geroep het. Die Fariseërs het Mattheus geoor-
deel volgens sy werk, maar Jesus het in hierdie man iemand gesien
met ’n hart oop vir die ontvangs van die waarheid. Mattheus het die
Heiland se leer gehoor. Namate die Gees van God sy sondigheid
geopenbaar het, wou hy graag hulp gaan soek by Christus, maar hy
het geweet hoe ongenaakbaar die rabbi’s was, en hy het nooit gedink
[270]
dat hierdie Groot Leraar hom sou opmerk nie.
Terwyl hy eendag by sy tafel gesit het, het die tollenaar Jesus
sien aankom. Groot was sy verbasing toe hy aangespreek is met die
woorde, “Volg My.”
Mattheus “het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.” Hy
het nie geaarsel of vrae gestel of gedink aan sy winsgewende werk
wat hy nou sou verruil vir armoede en swaarkry nie. Dit was genoeg
vir hom dat hy by Jesus sou wees om Sy woorde te hoor en saam
met Hom te werk.
So was dit ook met die dissipels wat voorheen geroep is. Toe
Jesus Petrus en sy metgeselle gevra het om Hom te volg, het hulle
dadelik hulle bote en nette verlaat. Sommige van hierdie manne het
vriende gehad wat van hulle afhanklik was vir onderhoud; maar toe
hulle die Here se uitnodiging ontvang het, het hulle nie geweifel en
234