Page 237 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

U Kan My Reinig”
233
was, kon hy nou maklik gebruik. Sy verrimpelde vel wat so bleek
was, was nou helder en rooi. Hy het met ferme tred gestap. Vreugde
en hoop het uit sy hele gelaat gestraal; en ’n uitdrukking van reinheid
en vrede het die merktekens van sonde en lyding uitgewis. Daar is
danksegging gehoor in daardie huis, en God is verheerlik deur Sy
Seun, wat hoop aan die hopelose, en krag aan die sieke gegee het.
Hierdie man en sy gesin was gereed om hulle lewe te gee vir Jesus.
Geen twyfel het hulle geloof verdof nie, en geen ongeloof het hulle
getrouheid aan Hom verswak wat weer lig in hulle verdonkerde huis
gebring het nie.
[269]