Page 236 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

232
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jesus het gekom om “die werke van die duiwel te verbreek.’
In Hom was lewe,” en Hy het gesê, “Ek het gekom, dat hulle lewe
en oorvloed kan hê.” Hy is “’n lewendmakende Gees.” 1 Joh. 3:
8;
Joh. 1:4; 10: 10; 1 Kor. 15: 45. Hy is vandag nog dieselfde
lewe- gewende mag as toe Hy op aarde die siekes gesondgemaak
en son- daars vergewe het. Dit is Hy wat “al jou ongeregtigheid
vergewe, wat al jou krankhede genees.” Ps. 103: 3.
Die uitwerking op die mense tydens die genesing van die ver-
lamde was asof die hemel oopgegaan en die heerlikhede van n beter
wêreld geopenbaar is. Toe die man wat genees is, al lowende deur
die skare gegaan het met sy las so lig asof dit ’n veer was, het die
mense teruggestaan om vir hom pad te maak, verskrik het hulle hom
aan- gestaar en onder mekaar gefluister, “So iets het ons nog nooit
gesien nie!”
Die Fariseërs was stom van verbasing en verslae deur die neder-
laag. Hulle het besef dat dit hier geen geleentheid was vir jaloesie om
die skare kwaad te maak nie. Die wonder wat geskied het in die man
wat hulle oorgegee het aan die wraak van God, het so n indruk op die
mense gemaak dat hulle vir n tyd die rabbi s heeltemal vergeet het.
Hulle het gesien dat Christus krag het wat hulle uitsluitlik aan God
toegeken het; en nogtans het Sy beskeie waardigheid so afgesteek by
hulle eie trotse houding. Hulle was ontsteld en skaam, en he besef,
[268]
hoewel hulle dit nie erken het nie, dat hulle in die teenwoordigheid
was van ’n hoër wese. Hoe sterker die getuienis was dat Jesus mag
gehad het om sondes te vergewe, hoe meer het hulle hulle verhard in
ongeloof. Van die huis van Petrus, waar die verlamde deur Sy woord
herstel is, het hulle weggegaan om nuwe planne uit te dink om die
Seun van God stil te maak.
Fisiese siekte, hoe kwaadaardig en diepgewortel dit ook mag
wees, is genees deur die krag van Christus; maar die siekte van die
siel het sy greep nog vaster geslaan op diegene wat hulle oë gesluit
het vir die lig. Melaatsheid en verlamming was nie so vreeslik as
bekrompenheid en ongeloof nie.
In die huis van die geneesde verlamde was daar groot blydskap
toe hy na sy gesin teruggekom het, en self die bed dra waarop hy met
moeite gedra is so ’n kort rukkie tevore. Hulle het om hom gestaan
met trane van vreugde, en kon skaars hulle eie oë glo. Hy het voor
hulle gestaan in sy volle mannekrag. Die arms wat eers so lewenloos