“
U Kan My Reinig”
231
jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop? Maar dat julle kan weet
dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe
—
sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan
na jou huis toe.”
Toe het hy wat op ’n draagbaar na Jesus gedra is, op sy voete
gestaan met die veerkragtigheid van die jeug. Die lewensbloed het
gebruis deur sy are. Elke orgaan in sy liggaam was skielik aktief.
Die doodskleur is vervang met ’n lewensgloed. “En dadelik staan
hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat
almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit
gesien nie.”
O die wonderbare liefde van Jesus wat neerbuig om die skuldiges
en siekes te genees! Die Godheid bedroef oor die eilende en lyding
van die mensheid! O die wonderbare krag wat geopenbaar is vir die
mensekinders! Wie kan nog twyfel aan die boodskap van verlossing?
Wie kan nog die genade van n barmhartige Verlosser versmaai?
Dit het niks minder as skeppingskrag gekos om daardie verrot-
tende liggaam in gesondheid te herstel nie. Dieselfde stem wat die
lewe gespreek het toe die mens gemaak is uit die stof van die aarde,
het die woorde van die lewe gespreek tot die sterwende verlamde.
En dieselfde krag wat lewe aan die liggaam gegee het, het ook die
hart vernuwe. Hy wat by die skepping gespreek het “en dit was, en
gebied het,” “en dit staan” (Ps. 33: 9), het lewe tot die siel gespreek
wat dood was in oortreding en sonde. Die genesing van die liggaam
[267]
was die bewys van die krag wat die hart vernuwe het. Christus het
die verlamde gebied om op te staan en te loop sodat julle kan weet,
het Hy gesê, “dat die Seun van die mens mag het om op die aarde
sondes te vergewe.”
Die verlamde het in Christus genesing vir beide siel en liggaam
gevind. Die geestelike genesing is gevolg deur die liggaamlike ge-
sondmaking. Ons moenie hierdie les oor die hoof sien nie. Daar
is vandag duisende wat aan liggaamlike ongesteldheid ly, en wat,
soos die verlamde, verlang na die boodskap, “Jou sondes is vergewe.
Die las van die sonde met sy onrus en onversadigde verlangens,
is die fondament van baie siektes. Hulle kan geen verligting kry
totdat hulle na die Heelmeester van die siel gekom het nie. Die vrede
wat Hy alleen kan gee, sal lewenskrag in die siel en gesondheid tot
liggaam bring.”