230
DIE KONING VAN DIE EEUE
en in die krag van Jesus geglo het om gesond te maak, toe al het die
lewe- gewende genade van die Heiland sy verlangende hart geseën.
Jesus het gesien hoedat die eerste vlammetjie van geloof gegroei
het tot ’n geloof dat Hy die sondaar se enigste Helper was; Hy het
gesien hoedat daardie geloof sterker word met elke poging om in Sy
teenwoordigheid te kom.
,
Nou, in woorde wat soos musiek in die lyer se ore geklink het,
het die Heiland gesê, “Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou
vergewe.”
Die wanhoop het uit die siek man se siel gewyk; die vrede van
vergifnis het sy gees gekalmeer, en gestraal op sy gelaat. Sy lig-
gaamlike pyn was weg, en sy hele wese is verander. Die hulpelose
verlamde is genees! die skuldige sondaar is vergewe!
In kinderlike geloof het hy die woorde van Jesus aangeneem as
die seën van ’n nuwe lewe. Hy het niks verder gevra nie, maar salig
doodstil gelê, te gelukkig vir woorde. Sy gesig het gestraal met ’n
hemelse lig, en die mense het die toneel eerbiedig aanskou.
Die rabbi’s het gespanne gewag om te sien wat Christus met die
geval sou doen. Hulle het hulle herinner hoe die man hulle gesmeek
het om hulp, en dat hulle hom geen hoop gegee, of simpatie betoon
het nie. En nie tevrede daarmee nie, het hulle verklaar dat hy deur
die vloek van God getref is weens sy sondes. Oor al hierdie dinge
het hulle gedink toe hulle die siek man voor hulle gesien het. Hulle
het die belangstelling gemerk waarmee almal die toneel gadegeslaan
het, en hulle was doodbang dat hulle hulle invloed oor die mense
sou verloor.
[266]
Hierdie waardigheidsbekleërs het geen woorde met mekaar ge-
wissel nie, maar hulle het dieselfde gedagtes in mekaar se aangesigte
gelees, naamlik dat iets gedoen moes word om die vloedgolf van
gevoelens te keer. Jesus het verklaar dat die sondes van die ver-
lamde vergewe is. Die Fariseërs het toegeslaan op hierdie woorde
as godslastering, en het die gedagte gekry dat hulle dit kon voor-
stel as n sonde wat die doodstraf verdien. Hulle het in hulle harte
gesê, “Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes
vergewe behalwe Een, naamlik God?” Markus 2:7.
Terwyl Hy Sy oë op hulle gevestig het —hulle het teruggedeins
onder Sy aanblik — het Jesus gesê, “Waarom bedink julle siegte
dinge in julle harte? Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is