Page 233 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

U Kan My Reinig”
229
het aan hoe die siekte op hom gebring is. Hy het gevrees dat die
reine Heelmeester hom nie in Sy teenwoordigheid sou gedoog nie.
Dit was nie soseer liggaamlike genesing wat hy begeer het as ver-
lossing van die las van die sonde nie. As hy Jesus maar kon sien, en
verseker kon word van die vergifnis en vrede van die Hemel, sou hy
tevrede wees om te lewe of te sterf volgens Gods wil. Die smeekbede
van die sterwende man was, O dat ek in Sy teenwoordigheid mag
kom! Daar moes nie versuim word nie, want sy vervalle vlees het
reeds tekens van verrotting getoon. Hy het sy vriende gevra om hom
met sy bed te dra na Jesus, en dit het hulle vriendelik onderneem
om te doen. Maar daar was so ’n menigte in en om die huis waar die
Heiland was, dat dit onmoontlik vir die siek man en sy vriende was
om Hom te bereik, of selfs so naby te kom dat hulle Sy stem kon
hoor.
Jesus het geleer in die huis van Petrus. Volgens gewoonte het
Sy dissipels dig om Hom gesit, en ook “Fariseërs en wetgeleerdes
wat gekom het uit elke dorp van Galilea en Judea en uit Jerusalem,
het daar gesit.” Hulle het gekom as spioene om iets te kry waarvan
hulle Jesus kon beskuldig. En dan was daar nog die bonte mengel-
moes waaronder eerlikes, eerbiediges, nuuskieriges, en ongelowiges
was. Verskillende nasionaliteite, en alle Stande uit die samelewing,
was daar verteenwoordig. “En daar was krag van die Here om hulle
gesond te maak.” Die Gees van die lewe het gesweef oor die verga-
dering, maar die Fariseërs en doktore het dit nie gemerk nie. Hulle
het geen behoefte gevoel, en die genesing was nie vir hulle nie.
[265]
Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande
weggestuur.” Lukas 1:53.
Herhaaldelik het die draers van die verlamde man probeer om
hulle weg deur die skare te baan, maar tevergeefs. Die siek man
het in die grootste angs rondgekyk. Hoe kon hy nou hoop opgee
wanneer die hulp waarna hy so verlang het, so naby was? Op sy
voorstel het sy vriende hom na die dak van die huis geneem waar
hulle ’n gat gemaak, en hom laat afsak het aan die voete van Jesus.
Die preek is onderbreek. Die Heiland het die treurige gelaat aanskou;
Hy het die smekende oë op Hom gevestig gesien. Hy het die geval
verstaan; Hy het daardie verbysterde en twyfelmoedige gees na Hom
toe getrek. Terwyl die verlamde nog by sy huis was, het die Heiland
hom tot oortuiging gebring. Toe hy berou oor sy sonde gehad het,