Page 232 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

228
DIE KONING VAN DIE EEUE
die smeekbede verhoor sodra dit geuiter is. Wanneer ons om aardse
seëninge bid, mag die antwoord op ons gebed vertraag word, of
God mag ons iets anders gee as waarvoor ons gevra het, maar dit
is me die geval wanneer ons bid om verlossing van die sonde nie.
Dit is Sy wil om ons van die sonde te reinig, om ons Sy kinders te
maak, en ons in staat te stel om ’n heilige lewe te lei. Christus “wat
Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die
teenwoordige bose wereld, volgens die wil van onse God en Vader.”
Gal. 1:4. En “dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat
Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil. En as ons weet dat
Hy ons verhoor, dan weet ons dat wat ons ook al vra, ons die bedes
verkry wat ons van Hom vra.” 1 Joh. 5: 14, 15. “As ons ons sondes
bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons
van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh. 1:9.
In die genesing van die lam man te Kapernaum, het Christus
weer dieselfde waarheid geleer. Die wonderwerk is verrig om Sy
vermoë om sonde te vergewe, te openbaar. En die genesing van die
lamme illustreer ook ander kosbare waarhede. Dit is vol hoop en
bemoediging, en betrag in verband met die haarklowery van die
Fariseërs,bevat dit ook ’n waarskuwing.
Net soos die melaatse het die lam man ook alle hoop op herste
verloor. Sy siekte was die gevolg van ’n lewe van sonde, en sy lyding
is verbitter deur selfverwyt. Lank tevore het hy hom reeds gewend
[264]
tot die Fariseërs en doktore, hopende om van hulle verligting te kry
van sy sielswroeging en liggaamlike pyn. Maar op kille wyse het
hulle gesê dat hy ongeneeslik is, en hulle het hom oorgelaat aan die
wraak van God. Die Fariseërs het sulke teistering beskou as bewys
van goddelike misnoeë, en hulle het weggebly van die siekes en
behoef tiges. Maar baiemaal was juis hierdie mense wat hulleself
verhef het as heilig, meer skuldig as die lyers wat hulle veroordeel
het.
Die lam man was heeltemal hulpeloos, en omdat hy nêrens uit-
koms gesien het nie, het hy wanhopig geword. Toe het hy gehoor
van die wonderwerke van Jesus. Daar is aan hom vertel dat ander
net so sondig en hulpeloos soos hy, genees is; dat selfs melaatses
gereinig is. En die vriende wat hierdie dinge aan hom vertel het, het
hom aangemoedig om te glo dat ook hy genees kon word as hy na
Jesus gebring word. Maar sy hoop het hom begewe toe hy gedink