Page 231 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

U Kan My Reinig”
227
uitskel met uitskel” nie, “maar seën inteendeel.” Matt. 5:44; 1 Pet.
3: 9.
Dieselfde priesters wat die melaatse tot verbanning veroordeel
het, het hom as rein gesertifiseer. Die uitspraak, in die openbaar
gedoen en geregistreer, was ’n onomstootlike getuienis vir Christus.
En waar die gereinigde man herstel is in die vergadering van Israel
op grond van die priesters se eie versekering dat daar geen tekens
meer van die siekte in hom was nie, was hy self ’n lewende getuie vir
sy Weldoener. In vreugde het hy sy offer gebring en die Naam van
Jesus groot gemaak. Die priesters was oortuig van die goddelike krag
van die Heiland. Dit was ’n geleentheid vir hulle om die waarheid te
ken en die lig aan te neem. As hulle dit verwerp, sou dit van hulle
wyk om nooit weer terug te kom nie. Die lig is deur vele verwerp,
maar nogtans is dit nie tevergeefs gegee nie. Daar is baie harte aan-
geraak wat vir ’n tyd geen blyk daarvan gegee het nie. Gedurende
die Heiland se leeftyd het dit geskyn of Sy sending geen weerklank
gevind het in die harte van die priesters en die leraars nie; maar
ná Sy hemelvaart het ’n groot menigte van priesters gehoorsaam
geword aan die geloof. (Hand. 6: 7.)
Die werk van Christus in die reiniging van die melaatse van sy
vreeslike siekte, is ’n illustrasie van Sy werk om die siel te reinig van
die sonde. Die man wat na Jesus gekom het, was “vol van melaats-
heid.” Die siekte was deur sy hele liggaam. Die dissipels het hulle
Meester probeer belet om hom aan te raak, want iemand wat ’n
melaatse aangeraak het, het self onrein geword. Maar deur Sy hand
[263]
op die melaatse te lê, is Jesus nie besoedel nie. Sy aanraking het
lewe- gewende krag gegee. Die melaatsheid is gereinig. So is dit
ook met die melaatsheid van die sonde; dit is diepgewortel, dodelik,
en kan nie deur menslike krag gereinig word nie. “Die hele hoof
is siek, en die hele hart is krank. Van die voetsool af tot die hoof
toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en
vars houe. Jes. 1: 5, 6. Maar Jesus, alhoewel Hy in menslike vlees
gewoon het, is nie besoedel nie. Sy teenwoordigheid het helende
krag vir die sondaar. Wie gewillig is om aan Sy voete te val en in
geloof te se, “Here as U wil, kan U my reinig,” sal die antwoord
ontvang, “Ek wil;word gereinig!” Matt. 8: 2, 3.
In sommige gevalle van genesing het Jesus nie sommer dadelik
die versoek toegestaan nie. Maar in die geval van die melaatsheid is