226
DIE KONING VAN DIE EEUE
Nieteen- staande die waarskuwing van Jesus het die man nie pro-
beer om sy genesing stil te hou nie. Dit sou ook feitelik onmoontlik
gewees het om dit dig te hou, en die melaatse het die saak rugbaar
gemaak. Menende dat dit maar deur beskeidenheid was dat Jesus
hom die swye opgelê het, het hy rondgegaan en die krag van die
Groot Heelmeester verkondig. Hy het nie verstaan dat elke openba-
ring van sulke krag die priesters en ouderlinge net meer vasberade
gemaak het om Jesus te vernietig nie. Die herstelde man het gevoel
dat die seën van gesondheid baie kosbaar was. Hy het hom verbly in
sy mannekrag, en die feit dat hy weer in sy gesin en die samelewing
herstel is; hy kon homself nie bedwing om heerlikheid te gee aan
die Geneesheer wat hom gesondgemaak het nie. Maar die feit dat hy
alles uitbasuin het, het ten gevolge gehad dat die Heiland se werk
verhinder is. Dit het die mense in sulke groot getalle na Hom laat
stroom dat Hy vir ’n tyd verplig was om Sy werk te staak.
Elke daad in Christus se bediening was verreikend in sy doel.
Dit het meer ingesluit as wat in die daad self uitgekom het. So was
dit ook in die geval van hierdie melaatse. Terwyl Jesus almal gehelp
het wat na Hom toe gekom het, wou Hy baie graag ook diegene seën
wat nie gekom het nie. Terwyl Hy die tollenaars, die heidene, en
die Samaritane getrek het, het Hy ook verlang om die priesters en
leraars te bereik wat gebind was deur die bande van vooroordeel
en tradisie. Hy het alle middels probeer waardeur hulle bereik mag
word. Deur die geneesde melaatse na die priesters te stuur, het Hy
aan hulle bewys gegee, bedoel om hulle vooroordeel weg te neem.
[262]
Die Fariseërs het beweer dat Christus se leer gekant was teen
die wet wat God deur Moses gegee het; maar Sy opdrag aan die
gereinigde melaatse om ’n offer te bring yolgens die wet, het hier-
die beskuldiging geloënstraf. Dit was genoeg bewys vir almal wat
gewillig was om oortuig te word.
Die leiers te Jerusalem het spioene uitgestuur om die een of
ander beskuldiging te vind, om Jesus dood te maak. Daarop het
Hy geantwoord deur aan hulle bewyse te gee van Sy liefde vir die
mensdom, Sy respek vir die wet, en van Sy krag om van die sonde
en die dood te verlos. So het Hy van hulle getuig: “En hulle het My
kwaad vir goed opgelê en haat vir My liefde.” Ps. 109: 5. Hy wat
op die berg die gebod gegee het, “Julle moet jul vyande liefhê,” het
self die beginsel toegepas deur nie kwaad met kwaad te vergeld, “of