Page 229 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

U Kan My Reinig”
225
wat mens op die vel van ’n gesonde kind sien, het die plek daarvan
geneem.
Jesus het die man beveel om nie rugbaar te maak wat vir hom
gedoen is nie, maar dat hy dadelik sy opwagting by die tempel moes
gaan maak met ’n offergawe. So ’n offergawe sou nie aangeneem
kon word nie voordat die priesters hom ondersoek en verklaar het
dat hy heeltemal vry was van die siekte. Hoe onwillig hulle ook was
cm hierdie diens te doen, kon hulle die ondersoek en die uitspraak
nie ontduik nie.
Die Skrifwoord, soos dit opgeteken staan, toon aan hoe dringend
Christus die man beveel het om stil te bly, en dadelik te handel. En
nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg
en sê vir hom: “Pas op dat jy vir niemand iets vertel nie, maar gaan
vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses
voorgeskrywe het, tot ’n getuienis vir hulle.” As die priesters die
feite geweet het aangaande die genesing van hierdie melaatse, kon
hulle haat vir Christus hulle beweeg het om ’n valse uitspraak te
gee. Jesus wou hê dat die man sy opwagting by die tempel moes
gaan maak voordat die priesters die gerugte van die wonderwerk
te hore kon kom. Op hierdie manier alleen sou daar ’n onpartydige
uitspraak verkry kon word en sou die melaatse toegelaat word om
hom weer by sy familie en vriende te voeg.
Maar daar was ook ander redes waarom Christus die man die
swye opgelê het. Die Heiland het geweet dat Sy vyande gedurig
pogings aangewend het om Sy werk te beperk, en die mense van
Hom af te trek. Hy het geweet dat as ander lyers aan die vreeslike
siekte sou hoor van die genesing van hierdie melaatse, hulle ook sou
toestroom na Hom toe, en die mense sou bang geword het dat hulle
[261]
sou aansteek. Baie van die melaatses, as hulle sou genees word,
sou hulle gesondheid nie tot seën van hulleself en ander gebruik
nie. Deur die melaatses na Hom toe te trek, sou Hy die mense kans
gee om Hom te beskuldig dat Hy die beperkings wat die rituaal
voorskryf, afgebreek het. Op hierdie wyse sou die verkondiging van
die evangelie verhinder word.
Christus se vrees was geregverdig, want ’n aantal van die mense
het die genesing van die melaatse gesien, en hulle was gretig om
te hoor watter uitspraak die priesters sou gee. Toe die man hom
weer by sy vriende gevoeg het, was daar groot opgewondenheid.