Page 228 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

224
DIE KONING VAN DIE EEUE
medemens, hoe kon hy homself aan die Heelmeester voorstel? En
dan nog was dit ’n vraag of Christus hom sou genees. Sou Hy Hom
neerbuig tot iemand op wie die oordeel van God geval het? Sou Hy
nie ook, soos die Fariseërs, en selfs die geneeshere, ’n vloek oor hom
uitspreek en hom waarsku om pad te gee van die plek waar ander
mense was nie? Hy het gedink aan alles wat hom van Jesus vertel is.
Nie een wat Sy hulp gesoek het, is weggestuur nie. Hierdie ellendige
mens het besluit om die Heiland te soek. Alhoewel hy nie die stede
kon binnegaan nie, was dit tog moontlik dat hy Hom op n plek daar
in die bergpaaie sou teëkom, of Hom miskien kon nader waar Hy
buite- kant die dorpe geleer het. Die moeilikhede was groot, maar
dit was sy enigste hoop.
Die melaatse is na die Heiland gelei. Jesus was besig om langs
die meer te leer, en die mense het om Hom vergader. Die melaatse
wat ’n hele ent daarvandaan gestaan het, het n paar van die Heiland
se woorde gehoor. Hy sien hoedat Hy Sy hande op die siekes lê.
Hy sien hoedat die kreupeles, blindes, verlamdes, en diegene wat
aan verskillende soorte kwale ly, in gesondheid opstaan en God loof
vir hulle verlossing. Geloof het sy hart versterk. Hy het nader en
al nader gekom. Die beperking waaraan hy onderhewig was, die
veiligheid van die mense, die vrees waarmee almal hom bejeën het,
is vergeet. Hy dink alleen aan die salige hoop op genesing.
Hy is ’n afskuwelike skouspel. Die siekte het hom vreeslik ver-
mink, en sy verrotte liggaam is aaklig om te aanskou. Toe die mense
hom sien, het hulle in vrees teruggeval. Hulle vertrap byna mekaar
in hulle gretigheid om van hom af weg te kom. Sommige het probeer
om hom te belet om Jesus te nader, maar tevergeefs. Hy sien of hoor
[260]
hulle nie. Hy is doof vir hulle uitroepe van afsku. Hy sien alleen die
Seun van God. Hy hoor alleen die stem wat die lewe spreek tot die
sterwendes. Hy het na Jesus geloop, hom aan Sy voete neergewerp
en uitgeroep, “Here, as U wil, kan U my reinig.” Jesus het geant-
woord, “Ek wil; word gereinig!” en Hy het Sy hand op hom gelê.”
(
Matt. 8:3.)
Dadelik het daar ’n verandering in die toestand van die melaatse
gekom. Sy vlees het gesond geword, sy senuwees weer gevoelig, en
sy spiere ferm. Die growwe, skilferagtige oppervlakte wat kenmer-
kend van melaatsheid is, het verdwyn, en ’n sagte gloed soos die