Page 227 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

U Kan My Reinig”
VAN al die siektes in die Ooste is melaatsheid die meeste gevrees.
Die ongeneeslike en aansteeklike aard daarvan, en die verskrik- like
uitwerking op die slagoffers, het selfs die dapperste mens laat bewe.
Die Jode het dit beskou as ’n oordeel op die sonde, en daarom
is dit genoem “die plaag,” “die vinger van God.” Diepgewortel,
on- geneeslik, dodelik, is dit beskou as ’n simbool van die sonde.
Deur die seremoniële wet is die melaatse as onrein verklaar. Soos
iemand wat alreeds dood is, is hy verban uit die samelewing. Wat
hy ook aangeraak het, was onrein. Die lug is besoedel deur sy asem.
As iemand verdink is dat hy die siekte het, moes hy hom aan die
priesters gaan toon wat hom ondersoek en uitspraak gegee het. As
bevind is dat hy melaats is, is hy van sy gesin geskei, afgesny van
die vergadering van Israel, gedoem tot die geselskap van ander wat
dieselfde siekte het. Daar kon nie van die vereistes van die wet
afgewyk word nie; selfs konings en regeerders is nie vrygestel nie.
n Koning wat hierdie vreeslike siekte gekry het, moes afstand doen
van sy troon en vlug uit die samelewing.
Weg van sy familie en vriende, moes die melaatse die vloek van
sy siekte alleen dra. Hy was verplig om sy onreinheid uit te roep.
sy klere te skeur, en alarm te maak, om sodoende almal te waarsku
om te vlug van sy besoedelende teenwoordigheid. Die geroep,“On
rein! onrein!” wat soos ’n klaaglied gekom het van die eensame
[259]
banneling, was ’n teken wat met vrees en afsku gehoor is.
In die landstreek waar Christus gewerk het, was daar baie van
hierdie lydendes, en die gerugte van Sy werk het ook hulle bereik,
en n straaltjie van hoop in hulle laat ontvlam. Maar sedert die dae
van Elisa, die profeet, is daar nooit weer gehoor van die genesing
van iemand wat die vreeslike siekte gehad het nie. Hulle kon dit nie
waag om van Jesus te verwag om vir hulle te doen wat Hy nog nooit
vir iemand anders gedoen het nie. Daar was egter een in wie se hart
geloof begin ontstaan het. Maar hierdie man het nie geweet hoe om
by Jesus te kom nie. Afgeskei soos hy was van aanraking met sy
223