222
DIE KONING VAN DIE EEUE
koninkryk op te rig, wou Hy hulle gedagtes aftrek van die aardse en
vestig op die geestelike. Bloot wereldlike sukses sou Sy werk strem.
En die verbasing van die onverskillige menigte het op Sy se-
nuwees gewerk. In Sy lewe was daar geen plek vir die verheffing
van die eie-ek nie. Die hulde wat die wêreld bring aan posisie, of
rykdom, of talent, was iets waarmee die Seun van die mens Hom
nie opgehou het nie. Jesus het nie een van die middels gebruik waar-
mee mense gewoonlik trou en hulde verkry het nie. Eeue voor Sy
geboorte is daar van Hom geprofeteer, “Hy sal nie skreeu of uitroep
of Sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie
verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal
Hy die reg uitbring. Hy sal nie dof brand of geknak word totdat Hy
die reg op die aarde gegrond het nie.” Jes. 42: 2-4.
Die Fariseërs het eer gesoek deur hulle gehegtheid aan sere-
momes, hulle vertoon met die godsdiens, en hulle aalmoes. Hulle
wou hulle ywer vir die godsdiens bewys deur gedurig besprekings
daaroor te voer. Die gestry onder die verskillende sektes was lank
uitgerek en luidrugtig, en dit was nie ’n ongewone ding om die
geleerde doktore van die wet op die strate te hoor stry nie.
In skerp teenstelling was die lewe van Christus. In Sy lewe was
daar geen harde disputasies, geen vertoon by die aanbidding, en
geen daad om applous uit te lok nie. Christus was in God verborge,
en God is geopenbaar in die karakter van Sy Seun. Jesus wou die
aandag en hulde vari die mense op daardie openbaring toespits.
Die Son van Geregtigheid het nie skielik oor die wêreld opgegaan
om die sinne te verblind met Sy heerlikheid nie. Aangaande Christus
staan daar geskryf, “Sy opgang is so seker as die dagbreek.” Hosea
6:3.
Die dag breek stil en saggies oor die aarde, verban die skaduwees
van die nag en wek die wereld tot lewe. So ook het die Son van
Geregtigheid opgegaan met “genesing onder Sy vleuels.” Mal. 4:2.
[258]