Page 225 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By Kapernaum
221
verlostes hulle stemme in dankbaarheid verhef het. Die Heiland het
Hom verbly in die vreugde wat Hy gebring het. Waar Hy die lyding
gesien het van diegene wat na Hom toe gekom het, is Sy hart deur
medelyde ontroer, en Hy het Hom verbly in Sy krag om hulle in
gesondheid en geluk te herstel.
Eers toe die laaste lydende gehelp is, het Jesus Sy werk gestaak.
Dit was al diep in die nag toe die skare uiteen is, en stilte het neer-
gesak op die huis van Simon. Die lang dag van opwinding was
verby, en Jesus het rus gesoek. Maar terwyl die stad nog geslaap
het, het die Heiland “opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame plek
vertrek en daar gebid.”
So het Jesus die dae van Sy aardse lewe deurgebring. Hy het
dikwels Sy dissipels verlof gegee om hulle huise te besoek en te
rus; maar Hy het hulle pogings om Hom af te trek van Sy werk,
weerstaan. Bedags het Hy die hele dag gewerk deur die onkundiges
te leer, die siekes gesond te maak, die gesig van die blindes te herstel,
en die skare te voed; en saans, of vroeg in die more, het Hy gegaan
na ’n heiligdom in die berge vir gemeenskap met Sy Vader. Dikwels
het Hy die hele nag in gebed en oorpeinsing deurgebring, en met
dagbreek na Sy werk onder die mense teruggekom.
Vroeg in die more het Petrus en van sy maats na Jesus gekom
en gesê dat die mense van Kapernaum alreeds na Hom soek. Die
dissipels was bitter teleurgesteld oor die manier wat Jesus voorheen
ontvang is. Die owerhede te Jerusalem het gesoek om Hom te dood;
selfs die mense van Sy eie dorp het probeer om Sy lewe te neem;
maar in Kapernaum is Hy met groot geesdrif ontvang, en daar het
weer nuwe hoop in die harte van die dissipels ontvlam. Dit kon
wees dat die ondersteuners van die nuwe koninkryk gevind sou word
onder die vryheidliewende Galileërs. Dit was met verbasing dat hulle
Christus hoor sê het, “Ek moet aan die ander stede ook die evangelie
van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.”
[257]
In die opwinding wat daar geheers het in Kapernaum was daar
gevaar dat die doel van Sy sending uit die oog verloor sou word.
Jesus was nie tevrede om die aandag van die mense op Hom te vestig
slegs as ’n wonderwerker en iemand wat siektes genees het nie. Hy
wou die mense trek om Hom as Verlosser aan te neem. Hoewel die
mense gretig was om te glo dat Hy gekom het as koning om n aardse