220
DIE KONING VAN DIE EEUE
vrymaak.” “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy omtrent
die leer weet.” Joh. 8: 32; 7: 17. Deur geloof in hierdie beloftes kan
enige mens verlos word van die strikke van dwaalleer en die mag
van die sonde.
Dit staan elke mens vry om die mag te kies wat hy wil hê om oor
hom te regeer. Niemand het so laag gesak, of is so sondig, dat hy nie
deur Christus verlos kan word nie. Die duiwelbesetene kon, pleks
van ’n bede, alleen die woorde van die Satan uiter, maar nogtans is
die onuitgesproke smeekbede van sy hart verhoor. Geen roepstem
van ’n siel in nood, al kan hy dit nie in woorde uitdruk, sal onverhoor
bly nie. Diegene wat gewillig is om ’n verbond met die God van die
hemel te maak, word nie aan die mag van die Satan oorgelaat, of
aan die swakheid van hulle eie natuur nie. Die Heiland nooi hulle
uit, “Hulle moet My beskutting aangryp, vrede met My maak.” Jes.
27: 5.
Die geeste van die duisternis sal veg vir die siel wat eenmaal
in hulle mag is, maar die engele van God sal vir daardie siel stry
met oorwin- nende krag. Die Here vra, “Sal van ’n held die buit
afgeneem word? Of sal die gevangene van ’n regverdige ontvlug? . .
.
So sê die Here: Ja, die gevangene van die held sal afgeneem word,
en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ek bestry
en jou kinders sal Ek verlos.” Jes. 49: 24, 25.
Terwyl die gemeente in die sinagoge nog stom van verbasing
was, het Jesus vertrek na die huis van Petrus om ’n bietjie te rus. Maar
ook op daardie huis het ’n skaduwee gerus. Petrus se skoonmoeder
was siek aan ’n “hewige koors.” Jesus het die siekte bestraf, en die
sieke het opgestaan en die Meester en Sy dissipels bedien.
Die gerugte oor die wonderwerke van Christus het vinnig deur
die hele Kapernaum versprei. Uit vrees vir die rabbi’s kon die mense
dit nie waag om vir genesing op die Sabbat te kom nie; maar die
son was nog skaars onder of daar was groot bedrywigheid. Van die
huise, die winkels, die mark, het die inwoners van die stad gestroom
[256]
na die eenvoudige huis waar Jesus was. Die siekes is op draagbare
gebring; sommige het gekom leunende op kieries; of ondersteun
deur vriende, het hulle aangesukkel om in die teenwoordigheid van
die Heiland te kom.
Uur na uur het hulle gekom en gegaan, want hulle het nie geweet
of die Geneesheer more nog by hulle sou wees nie. Nog nooit tevore
het Kapernaum so iets beleef nie. Die lug het weergalm soos die