Page 223 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By Kapernaum
219
nie. Deur hulle mistiese vertolking het hulle dinge benewel wat Hy
baie duidelik gemaak het. Hulle het gestry oor onbenullige tegniese
puntjies, en het die belangrikste waarhede in die praktiese lewe
verloën. So is ongeloof gesaai. Gods Woord is beroof van sy krag,
en bose geeste het na hartelus gewerk.
Die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Met die ope
Bybel voor hulle, en ’n belydenis dat hulle die leer daarvan eer-
biedig, is daar baie geestelike leiers van ons tyd wat geloof daarin
as die Woord van God, vernietig. Hulle hou hulleself besig met
die ontleding van die Woord en hulle stel hulle eie opinies bokant
die duidelikste ver- klarings daarvan. In hulle hande verloor Gods
Woord sy wederbarende krag. Dit is daarom dat ongeloof so welig
tier, en die sonde so toeneem.
Wanneer die Satan die mens se geloof in die Bybel ondermyn
het, lei hy hom na ander bronne vir lig en krag. So kry hy toegang
tot hulle harte. Diegene wat die duidelike leer van die Skrifte, en die
oortuigende krag van Gods Heilige Gees verwerp, stel hulleself bloot
aan die beheer van duiwels. Kritiek van, en spekulasie aangaande
die Skrifte, het die weg geopen vir spiritisme en teosofie — hierdie
moderne vorme van die outydse heidense geloof — om selfs die
belydende kerke van onse Here Jesus Christus binne te dring.
Terwyl die evangelie verkondig word, is daar ook werktuie besig
wat dien as die medium van leuenagtige geeste. Menige persoon
het hom al met hierdie dinge bloot uit nuuskierigheid bemoei, maar
wanneer hy bewyse sien van die werking van bonatuurlike magte,
word hy aangelok totdat hy deur ’n wil beheers word sterker as sy
eie. Hy kan hom nie ontworstel aan daardie geheimsinnige mag nie.
Die skanse van die siel is afgebreek. Hy het geen versperring teen
die sonde nie. Wanneer die weerhoudende krag van Gods Woord en
Sy Gees eenmaal verwerp is, kan geen mens sê tot watter dieptes van
vernedering hy mag sak nie. Boesemsonde of ontug mag hom net
so hopeloos gevange hou soos die duiwelbesetene van Kapernaum.
Maar nogtans is sy posisie nie hopeloos nie.
[255]
Die middel waarmee ons die Bose kan oorwin, is dieselfde as die
waarmee Christus oorwin het — naamlik die krag van die Woord.
God beheers nie ons verstand sonder ons toestemming nie; maar as
ons begeer om Sy wil te ken en te doen, dan kan ons aanspraak maak
op Sy beloftes: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle