Page 222 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

218
DIE KONING VAN DIE EEUE
boosheid; die aanloklike plesier van hulle vroeë lewe eindig in die
duisternis van wanhoop of in krank- sinnigheid.
Dieselfde bose gees wat Christus in die woestyn versoek het, en
wat in die duiwelbesetene van Kapernaum was, het die ongelowige
Jode beheers. Maar in hulle geval het hy die rol van vroomheid
aangeneem en hulle bedrieg ten opsigte van hulle motiewe in die
verwerping van die Heiland. Hulle toestand was nog hopeloser as
die van die duiwelbesetene, want hulle het geen behoefte gevoel aan
Christus nie, en was dus vas in die mag van die Satan.
Die periode van Christus se persoonlike bediening onder die
mense, was die tyd van die grootste bedrywigheid vir die magte
van die koninkryk van duisternis. Vir eeue het die Satan en sy bose
engele getrag om die siel en liggaam van die mense te kontroleer
om hulle in die sonde en ellende te dompel; en hy het altyd gesê dat
God vir die lyding verantwoordelik is. Jesus het aan die mens die
karakter van God geopenbaar. Hy was besig om die Satan se mag te
breek en die gevangenes vry te laat. Nuwe lewe van liefde en krag
het gewerk in die harte van die mense, en die vors van boosheid het
geveg om die heerskappy van sy koninkryk te handhaaf. Die Satan
het al sy magte opgeroep, en hy het die werk van Christus stap vir
stap beveg.
So sal dit ook gaan in die groot en laaste stryd tussen geregtigheid
en sonde. Terwyl nuwe lewe en lig en krag uit die hemel neergedaal
het op die dissipels van Christus, het daar ook nuwe lewe van benede
ontstaan wat al die werktuie van die Satan besiel het. Intensiteit het
besit geneem van elke aardse element. Met ’n listigheid wat hy deur
die stryd van die eeue geleer het, doen die vors van boosheid hom
nie in sy ware kleure voor nie. Hy kom in die gedaante van ’n engel
van die lig, en menigtes luister na “verleidende geeste en leringe van
duiwels.” 1 Tim. 4: 1.
In die tyd van Christus was die leiers en leraars van Israel magte-
loos om die werke van die Satan te weerstaan. Hulle het die enigste
middele verwerp waardeur hulle die bose geeste kon weerstaan.
[254]
Dit was deur die Woord van God dat Christus die bose oorwin het.
Die leiers van Israel het voorgegee om verklaarders van die Woord
van God te wees, maar hulle het dit ondersoek alleen om hulle eie
tradisies te staaf, en hulle menslike gebruike te handhaaf. Deur hulle
vertolking het hulle dit dinge laat leer wat God nooit beveel het