Page 221 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By Kapernaum
217
Die stryd tussen die mag van die Satan en sy eie begeerte vir vryheid
was verskriklik.
Hy wat die Satan in die woestyn van versoeking oorwin het, het
weer Sy vyand van aangesig tot aangesig ontmoet. Die duiwel het
al sy kragte gebruik om sy beheer oor sy slagoffer te behou. Om
hier kop te gee, sou ’n oorwinning vir Jesus beteken. Dit het geskyn
of die gemartelde man sy lewe sou verloor in sy worsteling met
die vyand wat sy manlikheid verwoes het. Maar die Heiland het
met gesag gepraat en die gevangene vrygelaat. Die man wat eers ’n
be- setene was, het nou voor die verbaasde skare gestaan, bly dat hy
verlos, en weer by sy volle verstand was. Selfs die duiwel het getuig
van die goddelike krag van die Heiland.
Die man het God geloof vir sy verlossing. Die oë wat so kort
gelede nog verwilderd gestaar het, het nou met intelligensie gefon-
kel, en daarin het trane van dankbaarheid opgewel. Die mense was
verslae van verbasing. Sodra hulle weer herstel het, het hulle vir
mekaar gesê: “Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag
ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?”
Markus 1: 27.
Die verborge oorsaak van die beproewing wat hierdie man ’n
vreeslike skouspel gemaak het vir Sy vriende, en ’n las vir homself,
was in sy eie lewe. Hy is deur die plesier van die sonde aangetrek,
en hy het gemeen om die lewe een groot feesviering te maak. Hy
het nooit gedroom dat hy ’n vrees vir die wêreld en ’n skande vir sy
familie sou word nie. Hy het gedink dat hy maar sy tyd kon deurbring
in onskuldige dwaasheid. Maar toe hy eenmaal op die afdraand was,
het hy vinnig laer gesink. Onmatigheid en ligsinnigheid het die edele
dinge van sy natuur laat ontaard, en die Satan het volkome beheer
oor hom gekry.
[253]
Berou het te laat gekom. Toe hy sy rykdom en plesier wou op-
offer om weer sy verlore manlikheid terug te kry, was hy reeds
hopeloos in die greep van die Bose. Hy het homself op die vyand
se terrein geplaas, en die Satan het besit geneem van sy verstan-
delike vermoëns. Die versoeker het hom bekoor met baie heerlike
voorstellings, maar toe die ongelukkige man eers eenmaal in sy mag
was, was die demoon meedoënloos in sy wreedheid, en vreeslik in
sy besoekings. So sal dit ook gaan met almal wat toegee aan die