216
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sy teenwoordigheid bly, sodat hulle gedurig die vertroosting van Sy
liefde kon hê.
Jesus het met groot erns die gelaatsverandering van Sy hoorders
dopgehou. Die gesigte wat belangstelling en blydskap getoon het, het
Hom groot tevredenheid gegee. Namate die pyle van waarheid die
siel deurboor, deur die versperrings van selfsug gedring, en berou
en eindelik dankbaarheid gebring het, is die Heiland blygemaak.
Waar Hy Sy oog so gegooi het oor die skare van toehoorders en Hy
gesigte herken wat Hy voorheen gesien het, het Sy aangesig gestraal
van vreugde. In hulle het Hy hoopvolle onderdane van Sy koninkryk
gesien. Wanneer waarheid, ondubbelsinnig gespreek, ’n gekoesterde
afgod getref het, het Hy die gelaatsuitdrukking gemerk, en die frons,
wat ’n teken was dat die lig onwelkom was. Wanneer Hy gesien
het dat mense die boodskap van vrede verwerp, het dit Sy hart diep
seergemaak.
In die sinagoge het Jesus gepraat van die koninkryk wat Hy kom
oprig het, en van Sy sending om die gevangenes van die Satan vry
te laat. Hy is in die rede geval deur ’n kreet van vrees, ’n Duiwel-
besetene het uit die gehoor vorentoe gestorm en uitgeroep, “Hou
op! Wat het ons met U te doen, Jesus Nasarener? Het U gekom om
ons te verdelg? Ek ken U wie U is: die Heilige van God!”
Daar het verwarring ontstaan. Die aandag van die mense is van
Christus afgetrek, en hulle het nie geluister na Sy woorde nie. Dit
was juis met hierdie doel dat die Satan sy slagoffer na die sinagoge
gelei het. Maar Jesus het die duiwel bestraf deur te sê, “Bly stil, en
gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en
uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.”
[252]
Die verstand van hierdie arme lyer is deur die Satan verduister,
maar in die Heiland se teenwoordigheid het ’n ligstraal die duisternis
deurdring. By hom is ’n verlange gewek om bevry te word van
die mag van die Satan; maar die duiwel het die mag van Christus
weerstaan. Toe die man ’n beroep wou doen op Jesus om hulp, het
die bose gees woorde in sy mond gelê, en hy het in vrees en angs
uitgeroep. Die duiwelbesetene het gedeeltelik besef dat hy in die
teenwoordigheid was van iemand wat hom kon vrylaat; maar toe
hy probeer het om binne bereik te kom van die magtige hand, het
’
n ander se wil hom teruggehou en ’n ander het deur hom gespreek.