Page 219 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By Kapernaum
215
goddelike waarheid mense berei om die pligte van die alledaagse
lewe beter te vervul. Hy het gepraat soos iemand wat die hemel
geken het, bewus van Sy verwantskap aan God, en tog het Hy Sy
eenheid met elke lid van die menslike gesag erken.
Sy boodskappe van genade het afgewissel volgens Sy gehoor.
Hy het geweet om “die vermoeide te verkwik met woorde” (Jes. 50:
4);
want Sy lippe is met genade gesalf sodat Hy die skatte van die
waarheid op die aanloklikste manier aan die mense kon voorstel. Hy
het die bevooroordeeldes met takt behandel, en Hy het hulle verras
met illustrasies wat hulle aandag geboei het. Hy het die hart deur
die verbeelding bereik. Sy illustrasies was deur middel van dinge
van die alledaagse lewe, en alhoewel hulle eenvoudig was, het hulle
n diep betekenis gehad. Die voëls van die hemel, die blomme van
die veld, die saad, die herder en sy skape — met hierdie dinge het
Christus die ewige waarheid verduidelik; en altyd daarna, wanneer
Sy hoorders hierdie dinge van die natuur gesien het, is hulle herinner
aan Sy woorde. Christus se illustrasies het gedurig Sy lesse herhaal.
Christus het nooit mense gevlei nie. Hy het nooit dinge gespreek
wat hulle eie-dunk en verbeelding vertroetel het, en nooit het Hy
hulle slim streke geprys nie; maar diep, onbevooroordeelde denkers
het Sy leer aangeneem en gevind dat dit hulle wysheid op die proef
gestel het. Hulle was verwonder oor die geestelike waarheid in sulke
eenvoudige taal uitgedruk. Selfs die geleerdstes is bekoor deur Sy
woorde, en die ongeleerdes het altyd daarby baat gevind. Hy het ’n
boodskap vir die ongeletterdes gehad; en Hy het self die heidene
laat verstaan dat Hy ’n boodskap vir hulle gehad het.
[251]
Sy tere ontferming het moeë en verontruste harte soos balsem
verkwik. Selfs in die rumoer van verwoede vyande was Hy omring
van ’n atmosfeer van vrede. Die aantreklikheid van Sy gelaat en
van Sy karakter, en bo alles, die liefde in Sy blik en stem, het almal
na Hom toe getrek wat nie deur ongeloof verhard was nie. As dit
nie was vir die vriendelike, simpatieke gees wat uit elke blik en
woord gestraal het nie, sou Hy nie die groot skares kon trek wat Hy
wel getrek het nie. Die geteisterdes wat na Hom toe gekom het, het
gevoel dat Sy belange met hulle s’n verbind was soos die van ’n
tere vriend, en hulle wou graag meer van die waarhede weet wat
Hy geleer het. Die Hemel is naby hulle gebring. Hulle wou graag in