214
DIE KONING VAN DIE EEUE
die mense na die sinagoge gestroom sodat groot getalle weggestuur
moes word omdat daar nie vir hulle plek was nie.
Almal wat die Heiland gehoor het, “was verslae oor Sy leer, want
Sy woord was met gesag.” “Hy het hulle geleer soos een wat gesag
het en nie soos die skrifgeleerdes nie.” Lukas 4: 32; Matt. 7: 29. Die
leer van die skrifgeleerdes en ouderlinge was kil en vormlik, soos
’
n les wat uit die hoof geleer is. Vir hulle het die Woord van God
geen lewenskrag gehad nie. Hulle het die leer daarvan deur hulle eie
idees en tradisies vervang. In hulle gewone diensroetine het hulle
voorgegee om die wet te verduidelik, maar geen inspirasie van God
het hulle eie harte of die harte van hulle hoorders aangeroer nie.
Jesus het Hom nie bemoei met die verskeie geskilpunte waaroor
die Jode gestry het nie. Dit was Sy werk om die waarheid voor
te stel. Sy woorde het ’n vloed van lig gewerp op die leer van die
patriarge en profete, en die Skrifte het tot die mense gekom as n nuwe
openbaring. Nog nooit tevore het Sy hoorders so ’n diep betekenis
in die Woord van God gesien nie.
Jesus het die volk op hulle eie grond ontmoet soos iemand wat
bekend was met hulle moeilikhede. Hy het die waarheid aanneem-
lik gemaak deur dit reguit en eenvoudig voor te stel. Sy taal was
rein, verfynd, en helder soos ’n stroompie. Sy stem was musiek vir
diegene wat gewoond was aan die eentonige stem van die rabbi’s.
Maar alhoewel Sy leer eenvoudig was, het Hy gepraat soos iemand
met gesag. Hierdie eienskap van Sy leer het die kontras duidelik
uitgebring. Die rabbi’s het aarselend en met twyfel gepraat, asof
die Skrifte dan een ding en dan weer iets ande r s beteken het.Die
[250]
hoorders het by die dag in groter onsekerheid verkeer. Jesus het die
Skrifte geleer as van absolute gesag. Wat die onderwerp ook was,
het Hy dit met krag voorgestel asof Sy woorde nie weerspreek kon
word nie.
Hy was ernstig maar nie driftig nie. Hy het gespreek soos iemand
wat ’n bepaalde doel nagestreef het. Hy het die werklikheid van die
ewige wêreld voorgestel. In al Sy temas is God geopenbaar. Jesus
wou die mense bevry van daardie towerkrag wat hulle aan aardse
dinge verbind het. Hy het die dinge van hierdie lewe in hulle ware
verhouding gestel, as ondergeskik aan die dinge van ewige belang;
maar Hy het nie hulle belangrikheid geïgnoreer nie. Hy het geleer dat
die hemel en die aarde met mekaar verbind is, en dat ’n kennis van