Page 217 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By Kapernaum
IN die tye tussen Sy reise heen-en-weer het Jesus in Kapernaum
gewoon, en die plek het bekend geword as “Sy eie stad.” Dit was
geleë aan die kus van die See van Galilea, op, of baie naby die mooi
vlakte van Genesaret.
Omdat die meer so laag geleë was, het die vlakte wat dit omring
het, die heerlike klimaat van die suide gehad. In die tyd van Christus
het palm- en olyfbome daar weelderig gegroei; daar was boorde,
wingerde, groen landerye, en blomme van alle kleure — alles be-
sproei deur die lewende strome uit die klowe. Orals langs die strand
van die meer, en teen die berghellings rondom, was daar dorpies.
Op die meer was baie visserskuite. Alles was bedrywig met aktiewe
lewe.
Kapernaum self was gunstig geleë as sentrum van die Verlosser
se werk. Dit was langs die hoofweg van Damaskus na Jerusalem
en Egipte, en na die Middellandse See. Mense uit baie lande het
deur die stad gereis, of het daar gerus op hulle reise heen-en-weer.
Hier kon Jesus alle soorte mense van alle nasies en Stande ontmoet;
rykes sowel as armes en nederiges, en hulle sou Sy lesse neem na
ander lande en na baie wonings. Op hierdie wyse sou belangstelling
in die profesieë opgewek word; die aandag sou gevestig word op
[249]
die Verlosser, en Sy sending sou onder die aandag van die wêreld
gebring word.
Nieteenstaande die optrede van die Sanhedrin teen Jesus, het die
mense gretig gewag op die ontwikkeling van Sy sending. Die hele
hemel het met belangstelling gewag. Engele het die weg berei vir
Sy werk deur in die mense se harte te werk en hulle tot die Heiland
te trek.
In Kapernaum het die seun van die edelman, wat deur Jesus
genees is, getuig van Sy krag. En die hofdienaar en sy gesin het met
blydskap getuig van hulle geloof. Toe dit bekend geword het dat die
Meester self in hulle midde was, is die belangstelling van die hele
stad opgewek. Skares het na Hom toe gekom. Op die Sabbat het
213