212
DIE KONING VAN DIE EEUE
In die apostels van die Here was daar niks om eer aan hulleself te
bring nie. Dit was duidelik dat die sukses van hulle werk heeltemal
van God gekom het. Die lewens van hierdie manne die karakters wat
hulle gevorm het, en die magtige werk wat God deur hulle gedoen
het, is ’n getuienis van wat Hy sal doen vir almal wat geseglik en
gehoorsaam is.
Die een wat Christus die meeste liefhet, sal die meeste goed doen.
Die bruikbaarheid van die persoon wat die eie-ek op die agtergrond
skuif en plek maak vir die werking van die Heilige Gees in sy hart,
en ’n lewe lei volkome toegewy aan God, is onbeperk. As mense
maar die nodige tug wil ondergaan sonder om te kla of langs die weg
uit te sak, sal God hulle uur na uur en dag na dag leer. Hy wil graag
Sy genade openbaar. As Sy mense die struikelblokke sou wegneem,
sal Hy die waters van die saligheid in sterk strome laat vloei deur
menslike kanale. As mense in die nederige posisies van die lewe
aangemoedig sou word om al die goed te doen wat hulle kan, as
hande nie op hulle gelê word om hulle ywer terug te hou nie, sou
daar ’n honderd werkers vir Christus wees waar daar nou een is.
God neem mense soos hulle is, en Hy leer hulle vir Sy diens as
hulle hulle maar aan Hom wil oorgee. Die Gees van God, ontvang
in die siel, sal alle vermoëns verkwik. Onder die leiding van die
Heilige Gees sal die hart wat volkome aan God oorgegee is, eweredig
[247]
ontwikkel en dit sal versterk word om al Gods vereistes te verstaan
en te vervul Die swak, weifelende karakter word verander in een
van sterkte en standvastigheid. Gedurige toewyding verwek so ’n
noue gemeenskap tussen Jesus en Sy dissipel, dat die Christen soos
Hy word in hart en karakter. Deur verbinding met Christus sal hy
n helder en wyer uitsig hê. Hy sal beter kan oordeel en sy oordeel
sal meer gebalanseerd wees. Die een wat verlang om vir Christus
te werk, sal so verkwik word deur die lewegewende krag van die
Son van Gereg- tigheid dat hy baie vrugte sal dra tot heerlikheid van
God.
Mense wat die hoogste prestasies behaal het in die kunste en die
wetenskap, het kosbare lesse geleer van Christene in die nederige
be- roepe van die lewe—hulle wat deur die wêreld as ongeleerd
bestempel word. Maar daardie onbekende dissipels het ’n opvoeding
gekry in die grootste van alle skole. Hulle het aan die voete gesit
van Hom wat gespreek het soos geen mens ooit gespreek het me.
[248]