Die Roeping by die See
211
lydende mensdom kon simpatiseer en medewerkers van die Man
van Nasaret kon wees nie. In hulle dweepsug het hulle dit verag om
deur Christus geleer te word. Die Here Jesus soek die samewerking
van diegene wat hulleself as oop kanale sal gee vir die mededeling
van Sy genade. Die eerste ding wat geleer moet word deur almal wat
medewerkers van God wil word, is om die eie-ek te wantrou; dan sal
hulle bereid wees om die mededeling van die karakter van Christus
te ontvang. Dit is nie iets wat geleer kan word in selfs die mees
wetenskaplike skole nie. Dit is die vrug van wysheid wat alleen van
die goddelike Leraar verkry kan word.
Jesus het ongeleerde vissers gekies omdat hulle nie geskool was
in die tradisies en verkeerde gebruike van hulle tyd nie. Hulle het
die bekwaamheid van hulle stand gehad, en hulle was nederig en
geseghk manne wat Hy kon oplei vir Sy werk. In die gewone beroepe
vau die lewe is daar baie wat geduldig met die geswoeg van elke
dag se werk voortgaan, onbewus daarvan dat hulle kragte besit, wat,
as dit in aksie gebring word, hulle sal ophef tot gelykheid met die
wêreld se mees geëerdes. Die aanraking van ’n bedrewe hand is
nodig om daardie sluimerende vermoëns wakker te maak. Dit was
sulke manne wat Jesus geroep het om Sy medewerkers te wees; en
Hy het hulle die voorreg van Sy geselskap gegee. Die groot manne
van die wêreld het nooit so n leermeester gehad nie. Toe die dissipels
[246]
voortgekom het uit Sy skool, was hulle nie meer onkundig en sonder
kultuur nie. Hulle het soos Hy geword in hart en karakter, en die
mense het daarop gelet dat hulle by Jesus was.
Die grootste werk van opvoeding is nie om net kennis mee te
deel nie, maar om daardie lewenskrag te gee wat ontvang word deur
kontak van verstand met verstand, en van siel met siel. Dit is alleen
lewe wat lewe kan voortbring. Watter groot voorreg het hulle dus
gehad om vir drie jaar lank daeliks in kontak te wees met daardie
goddelike lewe, die bron waaruit elke lewegewende krag gevloei het
wat die wêreld geseën het! Meer as al sy metgeselle het Johannes, die
geliefde dissipel, hom oorgegee aan die krag van daardie wonderbare
lewe. Hy sê: “Die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons
getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was
en aan ons geopenbaar is.” “En uit Sy volheid het ons almal ontvang,
ja genade op genade.” 1 Joh. 1: 2; Joh. 1: 16.