210
DIE KONING VAN DIE EEUE
se sending was, kon hulle maar min hoop vir hulle Meester hê met
al die geestelike leiers verenig teen Hom. Onder die omstandighede
was dit vir hulle ’n verligting om vir ’n kort tydjie terug te gaan na
hulle visvang. Maar nou het Jesus hulle geroep om die ou lewe op te
gee en by Hom aan te sluit. Petrus het die beroep aangeneem. Toe
hy aan wal kom, het Jesus aan die drie ander dissipels gesê, “Kom
hier agter My aan en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle
het dadelik alles laat staan en Hom gevolg.
Voordat Hy hulle gevra het om hulle nette en visserskuite te
laat staan, het Jesus hulle die versekering gegee dat God in al hulle
behoeftes sou voorsien. Die gebruik van Petrus se skuit vir die werk
van die evangelie is ryklik beloon. Hy wat ryk is “oor almal wat
Hom aanroep,” het gesê, “Gee, en vir julle sal gegee word. ’n Goeie
maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is.” Rom. 10: 12; Lukas
6: 38.
In hierdie maat het Hy die dissipels se diens beloon. En elke
opoffering wat gemaak is in Sy diens, sal beloon word volgens die
“
uitnemende rykdom van Sy genade.” Efe. 3: 20; 2: 7.
In daardie bange nag op die meer, toe hulle geskei was van
Christus, was die dissipels swaar gedruk deur ongeloof, en hulle
was moeg van vrugtelose werk. Maar Sy teenwoordigheid het hulle
geloof laat her-leef, en het blydskap en sukses gebring. So is dit
met ons; geskei van Christus is ons werk vrugteloos, en is dit baie
maklik om te kla en wantrouig te wees. Maar wanneer Hy naby is
[245]
en ons onder Sy leiding werk, verbly ons ons in die bewyse van Sy
krag. Dit is die werk van die Satan om die siel te ontmoedig; dit is
Christus se werk om ons met geloof en hoop te besiel.
Die dieper les wat die wonderwerk vir die dissipels ingehou het,
is vir ons ook ’n les - naamlik dat Hy, wie se woord die visse uit die
see kon bymekaarmaak, ook menslike harte kan beïnvloed en hulle
deur die bande van Sy liefde trek, sodat Sy diensknegte die “vissers
van mense” kan word.
Hulle was nederige en ongeleerde manne, daardie vissers van
Galilea;maar Christus, die lig van die wêreld, was volkome in staat
om hulle te bekwaam vir die posisie waarvoor Hy hulle gekies het.
Die Heiland het nie geleerdheid verag nie, want intellektuele kuituur,
wanneer dit beheers word deur die liefde van God, en aan Sy diens
toegewy is, is ’n seën. Maar Hy het die wyse manne van Sy tyd
verbygegaan omdat hulle so selfvoldaan was dat hulle nie met die