Die Roeping by die See
209
help. Toe die vangs in was, was albei die skuitjies so swaar gelaai
dat hulle gevaar geloop het om te sink.
Maar Petrus het nou nie aan die skuitjies of hulle vrag gedink
nie. Hierdie wonderwerk, meer as enige ander wat hy gesien het,
was vir hom die openbaring van goddelike krag. In Jesus het hy
iemand gesien wat beheer gehad het oor die hele natuur. Die godde-
like teenwoordigheid het aan hom sy eie onheiligheid geopenbaar.
Liefde vir sy Meester, skaamte oor sy eie ongeloof, blydskap oor
die toegeneëntheid van Christus, maar bo alles, die besef van sy
eie onreinheid in die teenwoordigheid van ewige reinheid, het hom
oorweldig. Terwyl sy metgeselle besig was om die inhoud van die
net uit te haal, het Petrus aan die Heiland se voete neergeval en
uitgeroep, “Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man!”
Dit was dieselfde teenwoordigheid van goddelike heiligheid wat
die profeet Daniël op die grond laat neerval het soos ’n dooie voor
die engel van God. Hy het gesê: “Geen krag het in my oorgebly nie,
en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn.” Toe Jesaja
die heerlikheid van die Here aanskou het, het hy uitgeroep, “Wee
my, ek is verlore! Want ek is ’n man van onrein lippe en woon onder
’
n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die Here
van die leërskare, gesien.” Dan. 10: 8; Jes. 6: 5. Die mensheid, met sy
swakheid en sonde, is in teenstelling gebring met die volmaaktheid
van die Godheid, en hy het heeltemal gebrekkig en onheilig gevoel.
So was dit met almal wat ’n blik gekry het op Gods grootheid en
majesteit.
[244]
Petrus het uitgeroep, “Gaan weg van my . . . want ek is ’n
sondige man;” maar hy het vasgeklem aan Jesus se voete, omdat hy
gevoel het dat hy nie van Hom geskei wou wees nie. Die Heiland
het geantwoord, “Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.”
Dit was nadat Jesaja die heiligheid van God en sy eie onwaardigheid
gesien het dat die goddelike boodskap aan hom toevertrou is. Dit
was ná Petrus tot selfverfoeiing en vertroue op die goddelike krag
gebring is, dat hy die beroep gekry het om vir Christus te werk.
Voor hierdie tyd het nie een van die dissipels ten volle aangesluit
as medewerkers van Christus nie. Hulle het baie van Sy wonder-
werke gesien en na Sy prediking geluister; maar hulle het nie vol-
kome hulle werk opgegee nie. Die gevangeskap van Johannes was
vir hulle almal ’n bitter teleurstelling. As dit die uitslag van Johannes