208
DIE KONING VAN DIE EEUE
Na die see toe, oorkant die Jordaan,
Galilea van die heidene,
Die volk wat in duisternis sit,
Het ’n groot lig gesien,
En die wat sit in die land en skaduwee van die dood,
Vir hulle het ’n lig opgegaan.”
Behalwe die skare daar aan die strand van Genesaret, het Jesus
in Sy preek by die see ook aan ander gehore gedink. Hy het eeue in
die toekoms Sy getroues gesien in die gevangenis en die geregshof,
in versoeking en eensaamheid en eilende. Elke toneel van vreugde
en stryd en verbystering het Hy voor Hom gesien. In die woorde aan
diegene daar rondom Hom het Hy ook gespreek tot daardie ander
siele, woorde wat hulle sou opbeur in verdrukking, vertroos in droef-
heid, en wat ’n hemelse lig vir hulle in duisternis sou wees. Deur die
Heilige Gees het daardie stem wat uit die visserskuit gespreek het
op die meer van Galilea, woorde van vrede gespreek aan menslike
harte tot die einde van tyd.
En toe Hy ophou met spreek, het Jesus Petrus beveel om na die
diep water te vaar en sy net te laat sak vir ’n vangs. Maar Petrus
was moedeloos. Die hele vorige nag het hy niks gevang nie. In die
eensame ure het hy gedink aan die lot van Johannes die Doper, wat
alleen in die gevangenis moes sit en kwyn. Hy het gedink aan die
[242]
[243]
vooruitsigte van Jesus en Sy volgelinge, aan die min sukses van die
sending in Judea, en aan die kwaadwilligheid van die priesters en
rabbi’s. Selfs sy eie nering het hom in die steek gelaat, en waar hy
so na die leë nette gekyk het, het die toekoms vir hom donker en
ontmoedigend gelyk. “Meester,” het hy gesê, “ons het die hele nag
deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op U woord sal ek die
net laat sak.”
Mens kon alleen in die nag met nette visvang in die helder water
van die meer. Nadat hulle die hele nag sonder sukses probeer het, het
dit hopeloos gelyk om die net in die dag in te gooi; maar Jesus het
die bevel gegee, en liefde vir hulle Meester het die dissipels beweeg
om te gehoorsaam. Simon en sy broer het die net laat sak. Toe hulle
probeer het om dit in te trek, was dit so vol vis dat dit begin breek
het. Hulle was verplig om Jakobus en Johannes te roep om te kom