Page 211 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Roeping by die See
DIE dag het gebreek oor die see van Galilea. Die dissipels, moeg
van ’n nag se vrugtelose arbeid; was nog in hulle visserskuitjies op
die meer. Jesus het gekom om ’n stille uurtjie deur te bring aan die
kant van die water. Hy het gehoop om in die vroeë oggend ’n bietjie
rus te kry van die skare wat Hom dag na dag gevolg het. Maar die
mense het hulle al gou weer om Hom geskaar. Hulle getal het vinnig
aangegroei, sodat hulle aan alle kante teen Hom gedruk het. In die
tussentyd het die dissipels aan wal gekom. Om weg te kom van die
druk van die skare, het Jesus in Petrus se skuit geklim en hom gevra
om ’n bietjie van die kant weg te stoot. Van daar af kon hulle Jesus
beter sien en hoor, en vanuit die skuitjie het Hy die skare aan die
wal begin leer.
Wat ’n toneel vir die engele om te aanskou; hulle heerlike Aan-
voerder, sittende in ’n visserskuit, heen-en-weer gewieg deur die
rus- telose branders, was besig om die evangelie te verkondig aan
die skare wat tot aan die kant van die water gedruk het! Hy wat die
geëerde van die hemel was, was besig om die groot dinge van Sy
koninkryk, in die opelug aan die gewone mense te verkondig. En tog
[241]
kon Hy geen beter toneel gehad het vir Sy werk nie. Die meer, die
berge, die uitgestrekte lande, die helder sonskyn, al hierdie dinge het
Hy as beeide gebruik om Sy lesse te illustreer en op die hart van die
mense te druk. En geen les van Christus was vrugteloos nie. Elke
boodskap van Sy lippe het die een of ander siel getref as die woord
van die ewige lewe.
Die skare aan die oewer het elke oomblik aangegroei. Ou manne
leunende op hulle kieries, geharde boere uit die berge, vissers van
hulle werk op die meer, koopliede en rabbi’s, ryk en geleerd, oud
en jonk, het hulle siekes en lydendes gebring, en nader gekom om
die woorde van die goddelike Leraar te hoor. Dit was sulke tonele
waarna die profete uitgesien het, en waaroor hulle geskryf het:
Die land Sebulon en die land Naftali,
207