206
DIE KONING VAN DIE EEUE
ming bring met Sy nederige lewe nie. Hulle het nie besef dat ware
grootheid sonder uiterlike vertoon kon klaarkom nie. Hierdie man se
armoede kon nie gerym word met Sy aanspraak dat Hy die Messias
was nie. As Hy is wat Hy sê dat Hy is, het hulle gesê, waarom is Hy
so beskeie ? As Hy tevrede was om sonder wapengeweld op te tree,
wat sou dan van die volk word ? Hoe kon die krag en heerlikheid wat
so lank verwag is, die volke as onderdane na die stad van die Jode
bring? Het die priesters dan nie geleer dat Israel oor die hele aarde
[239]
sou regeer nie, en kan dit moontlik wees dat die groot geestelike
leiers verkeerd is?
Maar dit was nie net die gebrek aan uiterlike heerlikheid in Sy
lewe wat die Jode beweeg het om Jesus te verwerp nie. Hy was die
verpersoonliking van reinheid, en hulle was onrein. Hy het onder
die mense gewoon as ’n voorbeeld van absolute opregtheid. Sy
onberispe- like lewe het lig laat flits in hulle harte. Sy opregtheid
het hulle onopregtheid geopenbaar. Dit het die holheid van hulle
geveinsde vroomheid, en die afskuwelike karakter van die sonde
geopenbaar Sulke lig was vir hulle onwelkom.
As Christus die aandag op die Fariseërs sou gevestig het en
hulle geleerdheid en hulle vroomheid geprys het, sou hulle Hom
met blyd- skap aangeneem het. Maar toe Hy van die koninkryk
van die hemel gespreek het as ’n bedeling van genade aan die hele
mensdom, het Hy ’n fase van die godsdiens voorgestel wat hulle
nie kon gedoog nie. Hulle eie voorbeeld en leer was nooit van so ’n
aard dat dit die diens van God aanneemlik voorgestel het nie. Toe
hulle sien dat Jesus Sy aandag skenk aan diegene wat hulle gehaat en
verfoei het, het dit die kwaaiste drifte van hulle hoogmoedige harte
opgewek. Nieteenstaande die feit dat hulle gespog het dat die “Leeu
uit die stam van Juda” (Openb. 5:5), Israel sou verhef bokant al die
nasies, sou hulle die verydeling van daardie hoop beter kon verdra
as Christus se bestraffing van hulle sondes, en die veroordeling wat
hulle gevoel het in die teenwoordigheid van Sy reinheid.
[240]