“
Is Hy nie die Seun van die Timmerman nie?”
205
en hulle nuttelose seremonies terwyl die waarheid van die Hemel
daar was vir hulle om aan te neem. Hulle het hulle geld uitgegee
vir kaf en doppe terwyl die brood van die lewe binne hulle bereik
was. Waarom het hulle nie na die Woord van God gegaan en ywerig
gesoek om vas te stel of hulle nie miskien dwaalleer gevolg het nie?
Die Ou Testament het baie duidelik elke besonderheid van Christus
se bediening beskryf. en Hy het keer op keer uit die profete aan-
gehaal en gesê, “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.” As
[238]
hulle die Skrifte eerlik sou ondersoek het, en hulle teorieë getoets
het aan Gods Woord, sou Jesus nie nodig gehad het om te ween
oor hulle onboetvaardigheid nie. Hy sou nie nodig gehad het om
te verklaar, “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat” nie. Lukas
13: 35.
Hulle kon op hoogte gewees het van die getuienis van Sy
Messiasskap, en die ramp wat hulle trotse stad in puin gelê het, kon
vermy gewees het. Maar die harte van die Jode het bekrompe geword
ten gevolge van hulle onredelike dweepsug- tigheid. Die lesse van
Christus het die tekortkomings van hulle karakters geopenbaar, en
hulle tot bekering geroep. As hulle maar Sy leer aangeneem het, sou
hulle lewens verander het, en hulle sou die hoop wat hulle gekoester
het, moes opgee. Om deur die hemel geëer te word, sou hulle die eer
van mense moes verbeur. As hulle die woorde van die nuwe Rabbi
gehoorsaam het, sou hulle teen die opinies van die groot denkers
van die tyd moes gaan.
Waarheid was ongewild in die tyd van Christus. Dit is in ons tyd
ook ongewild. Dit was ongewild van die dag af dat die Satan die
mens daarteen beïnvloed het deur aan hom fabels te vertel wat tot
selfverheffing gelei het. Kom ons nie ook vandag teorieë en leerstel-
lings teë wat geen grond in die Woord van God het nie? Die mense
klem net so taai daaraan vas as die Jode aan hulle tradisies.
Die Joodse leiers was vervul met geestelike hoogmoed. Hulle
begeerte vir selfverheerliking is geopenbaar in die diens van die
heiligdom. Hulle het die beste sitplekke in die sinagoge liefgehad.
Hulle wou graag gegroet wees op die mark, en hulle titels het vir
hulle soet geklink op die lippe van die mense. Namate ware vroom-
heid afge- neem het, het hulle steeds meer en meer ywerig geword
vir hulle tradisies en seremonies.
Omdat hulle verstand benewel is deur vooroordeel, kon hulle
nie die krag van Christus se oortuigende woorde in ooreenstem-