204
DIE KONING VAN DIE EEUE
Maar Hy sou hulle nog een uitnodiging gee om hulle te bekeer
voordat Hy hulle opgee. Aan die einde van Sy werk in Galilea, het
Hy nogeens die tuiste van Sy kinderjare besoek. Vandat hulle Hom
daar verwerp het, het die roem van Sy prediking en Sy wonderwerke
die hele land vervul. Niemand sou seker nou nog wou ontken dat
Hy meer as menslike mag besit het nie. Die mense van Nasaret het
geweet dat Hy die land deurgegaan en goed gedoen het aan almal
wat onder die mag van die duiwel was. Rondom hulle was hele
[237]
dorpies waar daar in geen huis die gesug van siekes meer gehoor
is nie; want Hy het daardeur gegaan en al die siekes genees. Die
genade wat geopenbaar is in elke daad van Sy lewe, het getuig van
Sy goddelike salwing.
Toe hulle weer na Sy woorde geluister het, is die Nasareners
beweeg deur die goddelike Gees. Maar selfs toe nog wou hulle nie
erken dat hierdie Man, wat onder hulle groot geword het, anders of
groter was as hulleself nie. Nog steeds het die bittere herinnering
gebly dat Hy, hoewel Hy daarop aanspraak gemaak het dat Hy die
Beloofde Een was, hulle geen plek toegeken het saam met Israel nie,
want Hy het aangetoon dat hulle Gods guns minder waardig was as
’
n heidense man of vrou. Hoewel hulle dus gevra het, “Waar kry Hy
hierdie wysheid en kragte vandaan?” wou hulle Hom nie aanneem
as die Christus van God nie. Weens hulle ongeloof kon die Heiland
nie baie wonderwerke onder hulle doen nie. Net n paar harte was
oop vir Sy seën, en teësinnig het Hy weggegaan om nooit weer terug
te kom nie.
Ongeloof, nadat hulle dit eers begin koester het, het die mense
van Nasaret beheers. So het dit ook die Sanhedrin en die volk be-
heers. Met die priesters, net soos met die volk, was die eerste ver-
werping van die demonstrasie van die krag van die Heilige Gees die
begin van die einde. Om te bewys dat hulle eerste teenstand reg was,
het hulle altyd daarna aangehou met haarklowery oor die woorde
van Christus. Hulle verwerping van die Gees het sy klimaks bereik
in die kruis van Golgota, in die verwoesting van hulle stad, en in die
verstrooiing-van die volk na die vier windstreke.
O, hoe het Christus verlang om die kosbare skatte van die waar-
heid aan Israel te openbaar! Maar hulle geestelike blindheid was
so groot dat dit onmoontlik was om die waarhede aangaande Sy
koninkryk aan hulle te openbaar. Hulle het vasgeklem aan hulle leer