Page 207 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Is Hy nie die Seun van die Timmerman nie?”
203
berg gebring om Hom van die krans af te gooi. Hulle het geskreeu
en gedreig. Sommige het met klippe na Hom gegooi, en toe het Hy
skielik onder hulle uit verdwyn. Die hemelse boodskappers wat by
Hom was in die sinagoge, was met Hom daar tussen die verwoede
skare. Hulle het Hom beskut teen Sy vyande, en Hom gelei na ’n
plek van veiligheid.
So ook het die engele Lot beskerm en hom veilig uit Sodom
uit-gelei. So het hulle Elisa beskerm in daardie klein bergdorpie.
Toe die berge in die omtrek -gewemel het van die waens en perde
[236]
van die koning van Sirië en sy groot leër van gewapende manne, het
Elisa gesien dat die berghellings bedek was met die leërs van God
perde en waens van vuur was rondom die dienskneg van God.
So was daar, in alle eeue, engele by die getroue navolgers van
Christus. Die bose magte is saamgetrek teen almal wat oorwinnaars
wil wees; maar Christus wil hê dat ons ons oë moet vestig op die
onsienlike dinge, op die leërs van die hemel rondom almal wat God
liefhet, om hulle te verlos. Ons sal nooit weet van watter gevare,
sigbaar en onsigbaar, ons deur die tussenkoms van engele verlos is
nie, totdat ons eendag in die lig van die ewigheid die voorsienigheid
van God sien. Dan eers sal ons sien dat die hele gesin van die hemel
belangstel in die gesin hier op aarde, en dat boodskappers van die
troon van God ons van dag tot dag bewaar.
Toe Jesus in die sinagoge uit die profesie gelees het, het Hy
opge- hou voordat Hy by die laaste beskrywing van die werk van die
Messias gekom het. Nadat Hy die woorde gelees het, “om die aange-
name jaar van die Here aan te kondig,” het Hy die sin weggelaat, “en
n dag van die wraak van onse God.” Jes. 61: 2. Dit was net so waar
as die eerste gedeelte van die profesie, en deur Sy stilswye het Jesus
nie die waarheid verloën nie. Maar dit was hierdie laaste gedeelte
wat Sy hoorders graag beklemtoon het, en wat hulle baie graag ver-
vul wou sien. Hulle het die oordeel teen die heidene voorspel, en nie
besef dat hulle eie skuld nog groter as die van ander was nie. Hulle
self het net so veel behoefte gehad aan die genade wat hulle nie aan
die heidene wou gun nie. Daardie dag in die sinagoge, toe Jesus
onder hulle gestaan het, was dit hulle kans om gehoor te gee aan die
roepstem van die Hemel. Hy wat ’n “welbehae in goedertierenheid”
het (Miga 7: 18), wou hulle graag red van die ondergang wat hulle
sondes oor hulle sou bring.