Page 206 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

202
DIE KONING VAN DIE EEUE
en het skui- ling vir Sy dienskneg gevind in ’n heidense land, by ’n
vrou wat nie aan die uitverkore volk behoort het nie. Maar hierdie
vrou is begunstig omdat sy in die lig gewandel het wat sy ontvang
het, en haar hart was oop vir die groter lig wat God aan haar deur Sy
profeet gestuur het.
Dit was om dieselfde rede dat die melaatses van Israel in die tyd
van Elisa nie genees is nie. Maar Naäman, ’n heidense edelman, was
getrou aan sy oortuigings van reg, en hy het sy groot behoefte aan
hulp besef. Hy was in ’n toestand om die gawes van Gods genade te
ontvang. Nie alleen is hy genees van sy melaatsheid nie, maar hy is
geseën met ’n kennis van die ware God.
Ons stand voor God hang af, nie van die hoeveelheid lig wat ons
ontvang het nie, maar van die gebruik wat ons maak van die wat ons
wel het. Daarom is selfs die heidene wat die reg kies soos hulle dit
verstaan, in ’n gunstiger posisie as diegene aan wie baie lig gegee is
en wat voorgee dat hulle God dien, maar wat die lig veronagsaam,
en hulle belydenis deur hulle daelikse wandel verloën.
Die woorde van Jesus aan Sy hoorders in die sinagoge het die
wortel geraak van hulle eiegeregtigheid, en het die bitter waarheid
aan hulle verstand gebring dat hulle afgedwaal het van God en hulle
reg om Sy volk te wees, verbeur het. Elke woord het soos ’n vlym
deur- gedring namate hulle ware toestand aan hulle geopenbaar is.
Hulle het nou die geloof verag waarmee Jesus hulle in die eerste
instansie besiel het. Hulle wou nie erken nie dat Hy wat so nederig
en arm was, verskil het van ’n gewone mens.
Hulle ongeloof het kwaadwilligheid ten gevolg gehad. Hulle was
onder die beheer van die Satan, en hulle woede is teen die Heiland
opgewek. Hulle het hulle rug gekeer op Hom wie se sending dit was
[235]
om te genees en te herstel; en nou het hulle die eienskappe van die
verwoester geopenbaar.
Toe Jesus verwys het na die seëninge aan die heidene gegee,
het Hy die kwaai nasionale trots van Sy hoorders opgewek, en Sy
woorde is verdring deur ’n gebabbel van stemme. Die mense het
daarmee gespog dat hulle die wet gehou het, maar nou was hulle
nasionale trots gekwes,en hulle was gereed om moord te pleeg. Die
vergadering is in wanorde uiteen, en die mense het Jesus met geweld
uit die sinagoge verwyder en uit die stad. Dit het geskyn of almal
gretig was dat Hymoes sterf. Hulle het Hom tot op die rand van die