“
Is Hy nie die Seun van die Timmerman nie?”
201
tot jongman ontwikkel het. Alhoewel Sy lewe vlekkeloos was, wou
hulle nie glo dat Hy die Beloofde Een was nie.
Hoe groot was die teenstelling tussen Sy leer van die nuwe
konink- ryk, en die wat hulle van hulle ouderling gehoor het! Jesus
het niks gesê van hulle verlossing van die Romeine nie. Hulle het van
Sy wonderwerke gehoor, en hulle het gehoop dat Sy krag gebruik sou
word tot hulle voordeel, maar hulle het geen openbaring in daardie
rigting gesien nie.
Namate hulle die deur vir twyfel oopgestel het, is hulle harte al
hoe meer verhard juis omdat hulle vir ’n oomblik versag was. Die
Satan het alles gedoen om te belet dat blinde oë daardie dag geopen,
en siele uit die bande van slawerny verlos word. Hy het al Sy kragte
gebruik om hulle in hulle ongeloof te bevestig. Hulle het nie ag
geslaan op die teken aan hulle gegee, naamlik die oortuiging dat dit
hulle Verlosser was wat hulle toegespreek het nie.
Maar Jesus het nou aan hulle bewys van Sy godheid gegee deur
die gedagtes van hulle harte te openbaar. “En Hy antwoord hulle:
Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer,
genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kapernaum gebeur het, doen
dit hier in u vaderstad ook. En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen
profeet is aangenaam in Sy eie vaderland nie. Maar Ek sê vir julle
met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elia
toe die hemel toegesluit was vir drie jaar en ses maande, toe daar
’
n groot hongersnood gekom het in die hele land; en na nie een van
hulle is Elia gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na ’n weduwee.
En daar was baie melaatse in Israel in die tyd van Elisa, die profeet,
en nie een van hulle is gereinig behalwe Naäman, die Siriër nie.”
Lukas 4: 23-27
[234]
Deur hierdie verhaal van gebeurtenisse uit die lewe van die pro-
fete, het Jesus die vrae van Sy toehoorders beantwoord. Die diens-
knegte wat God uitgekies het vir ’n spesiale werk, is nie toegelaat om
te arbei vir ’n verharde en ongelowige volk nie. Maar diegene wat
gevoelige harte en geloof gehad het, is bevoorreg om bewyse te sien
van Sy krag deur die profete. In die dae van Elia het Israel afgedwaal
van God. Hulle wou hulle sondes nie versaak nie, en hulle het die
waarskuwings van die Gees deur die Here se boodskappers verwerp.
So het hulle hulleself afgesny van die kanaal waarlangs Gods seën
tot hulle kon kom. Die Here het die wonings van Israel verbygegaan,