200
DIE KONING VAN DIE EEUE
En aan blindes die herstel van gesig;
Om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur;
Om die aangename jaar van die Here aan te ko’ndig.”
“
En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee
het, gaan Hy, sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom
gevestig. ... En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd
oor die aangename woorde wat uit Sy mond kom.” Lukas 4: 20-22.
Jesus het voor die mense gestaan as ’n lewende verklaarder van
die profesieë wat op Hom betrekking gehad het. Toe Hy die woorde
verduidelik het wat Hy gelees het, het Hy gespreek van die Messias
as die verlosser van die verdruktes, ’n vrylater van die gevangenes, ’n
geneser van die siekes, wat gesig aan die blindes gee, en die lig van
die waarheid aan die wêreld openbaar. Sy indrukwekkende manier
en die betekenis van Sy woorde het Sy hoorders getref met ’n krag
wat hulle nog nooit voorheen gevoel het nie. Die gety van goddelike
invloed het alle versperrings uit die weg geneem; net soos Moses,
het hulle die Onsigbare gesien. Namate die Heilige Gees in hulle
harte gewerk het, het hulle geantwoord met vurige amens en lof aan
God.
Maar toe Jesus aankondig, “Vandag is hierdie Skrif in julle ore
vervul”, het hulle skielik aan hulleself gedink en oor die aan- sprake
van Hom wat hulle toegespreek het. Hulle, Israeliete, die kinders
van Abraham, is voorgestel as in slawerny. Hulle is aange- spreek
as gevangenes wat uit die mag van boosheid verlos moes word;
soos diegene in duisternis wat die lig van die waarheid nodig gehad
het. Hulle hoogmoed is gekrenk, en hulle vrees is opgewek. Die
woorde van Jesus het aangetoon dat Sy werk vir hulle heeltemal
anders sou wees as wat hulle verlang het. Hulle dade kon dalk te
deeglik dersoek word. Nieteenstaande hulle nougesette nakoming
[233]
van uiterlike seremonies, het hulle teruggedeins voor die blik van
daardie deurdrin- gende oë.
Wie is hierdie Jesus? het hulle gevra. Hy wat vir Homself aan-
spraak maak op die heerlikheid van die Messias, is die seun van ’n
timmerman, en Hy het daardie ambag beoefen saam met Sy vader
Josef. Hulle het gesien hoedat Hy die berge uitgeklim het; hulle het
Sy broers en susters geken, en hulle het Sy lewe en Sy werk geken.
Hulle het gesien hoedat Hy van kind tot jongeling, en van jongeling