Page 203 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Is Hy nie die Seun van die Timmerman nie?”
OM die heerlike dae van Christus se bediening in Galilea te
bederf, was daar een skaduwee. Die mense van Nasaret het Hom
verwerp. “Is Hy nie die timmerman se seun nie?” het hulle gevra.
In Sy kinder- en jongelingsjare het Jesus saam met Sy broers
in die sinagoge van Nasaret aanbid; maar vandat Hy Sy openbare
bediening begin het, was Hy van hulle afwesig, hoewel hulle nie
onkundig was betreffende Sy wedervarings nie. Toe Hy nou weer
onder hulle verskyn, was hulle belangstelling en verwagtings baie
groot. Hier was die figure en gesigte wat Hy van kindsbeen af geken
het. Hier was Sy moeder, Sy broers en susters, en almal se oë was
op Hom gevestig toe Hy die sinagoge op die Sabbat binnegegaan en
Sy plek ingeneem het saam met die ander aanbidders.
In die gewone diens vir die dag het die ouderling uit die profete
gelees en daarna die mense aangemoedig om nog te hoop op die Een
wat sou kom om ’n heerlike koninkryk op te rig en alle verdrukking
te verban. Hy het getrag om Sy hoorders te bemoedig deur die
bewyse op te noem dat die koms van die Messias naby was. Hy het
die heerlikheid van Sy koms beskryf, en die gedagte beklemtoon dat
Hy sou kom aan die hoof van leërmagte om Israel te bevry.
Ingeval daar ’n rabbi in die sinagoge teenwoordig was, is daar
verwag dat hy ’n preek sou lewer, en enigeen van die Israeliete
kon die voorlesing uit die profete waarneem. Op hierdie Sabbat is
Jesus gevra om deel te neem aan die diens. Hy het opgestaan “om
[232]
te lees. En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig.”
Lukas 4: 16, 17. Die skrifgedeelte wat Hy gelees het, was algemeen
aangeneem as verwysende na die Messias:
Die Gees van die Here is op My.
Omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te
bring.
Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
Om aan die gevangene vrylating te verkondig
199